Donderdag, Augustus 25, 2005

The Godfather, Part II

Pacino & John Cazale
Die "Godfather II" (1974) word dikwels ge-punt as die "beste sequel ooit" - nie sleg nie, gegewe dat "Godfather" - perdekop-in-die-bed en al - een van die groot kulturele verwysingspunte geword het (dit was tot die koms van Steven Spielberg en "Jaws" die grootste box-office hit in die geskiedenis).

GII is 'n sequel en 'n prequel - die helfde van die storie gaan oor die jong Vito Corleone (Robert de Niro as klein Marlon Brando) se rise tot Godfather, en pas kronologies voor die "Godfather". Die ander helfde van die storie gaan oor sy seun Michael (Al Pacino) se doen-en-late as die volgende Godfather.

Die twee stories word verfleg met wisselvallige sukses. Francis Coppola het dit later in 'n reguit lyn untangle toe hy die drie Godfathers as 'n televisiereeks her-sny het.
Maar die grootsheid van GII is in die pragtige karakter gespeel deur John Gazale - Pacino se oudste broer Fredo - die sukkelaar, die onaantreklike, talentlose, naiwe, stadige maer mannetjie. Die swart skaap in hierdie hiper-macho wereld.

Die storieboog lei tot 'n klimaks waar Fredo vir sy Godfather-broer Pacino verraai (of eerder sy vertroue verloor - lang storie); groot uitval; Pacino waarsku Fredo dat hy hom sal uitlos vir solank hulle ma nog lewe; na haar dood reel hy sy broer se moord.

Die arme Fredo klim gewillig saam met Pacino se henchman in 'n bootjie om te gaan "visvang" in die meer rondom die familie-estate. Deur sy huisvenster staar Pacino na die skuitjie wat wegroei oor die water en terugkeer sonder sy broer.

Pacino - die Godfather - die sterk man wat die "verantwoordlikhede" dra, die wereld se vullis was en wegsteek, die gangster wat nooit glimlag nie, die man wat geen vriende kan he nie, geen liefde, geen ondersteuning, net vrees en vyande.

Daar staan hy.

En dan onthou hy iets.

Die fliek se laaste toneel is 'n terugflits - hierdie keer nie na sy pa se storie nie, maar na die dag van Amerika se toetrede tot WWII.

Pacino is 'n jong student en kondig aan die etenstafel vir sy familie aan dat hy pas as soldaat enlist het.

Sy aankondiging word met skok ontvang, en daarna 'n storm abuse, 'n paar taai klappe en dan 'n preek oor die "verraad aan sy Corleone familie" om sy lewe te waag vir vreemdelinge.
En dan, na almal stil is, staan Fredo versigtig op, leuen oor die tafel, steek sy hand uit na Pacino, en sĂȘ: "I think that's great Mikey, I'm proud of you".


1 opmerking :

  1. This is in reply to your "Welcome back" comment on my misguided attempt on 10 Feb 2005 to say something about Indian people. It was not a real come back as i was missing in action for 7 months. Wounded.......fatally perhaps... ;))

    AntwoordVee uit