Dinsdag, Oktober 11, 2005

Sin City

In die sestigs het Sergio Leone die cowboy movies van sy kinderdrome geskep, sy visie, soos Hollywood dit nooit gemaak het nie - en daarmee saam Clint Eastwood, die squint en die sigaar - "The Good, the Bad and the Ugly".

In die sewentigs het George Lucas die siel van Saterdagoggend serials gebruik as inspirasie vir "Star Wars" - die neverending story wat begin in Ep 4 en eindig in Ep 3, 'n smagting om die lewe verby te droom en nooit wakker te word nie.

Ons geslag het Q. Tarantino en sy entoesiasme vir pulp fiction.

Wat is hierdie QT ding?

In "Resevoir Dogs" se berugte oor-afsny toneel sê Michael Madsen vir die verpletterde polisieman - "ek gee nie om wat jy weet nie, ek wil jou martel because it amuses me to torture a cop".
 
Ek het gedink - dis die filmmaker wat praat: gee nie om hoe hy die geweld motiveer nie, dit amuseer hom gewoon.

In "Sin City" vra een karakter vir die ander "Will killing me give you satisfaction?", waarna (die onherkenbare maar lekker) Mickey Rourke antwoord: "Not the killing, everything that comes before".

"Sin City" het 'n helse lot bloedvergieting en wrede geweld, maar niks wreder as Euripides (daai kindermoordenaar par-excellance) of Shakespeare (een vrou naai 'n donkie en 'n ander se oë, hande en tong word uitgesny).

Maar natuurlik: it's not the killing, it's everything that comes before.

Die ou gesegde sê niks fokus die mind soos die prospect of death nie. Gehore moet vandag saam met slagoffers-to-be na hierdie uitgerekte doodmaak repartee luister. Stadig maar seker word dit alles (soos met die Nightmare-on-Elm-Street reeks se Freddy Kruger) een lang stand-up comedy act.

It's not the killing, it's everything that comes before.

Othello is so 'n drama. Op haar laaste nag lê Desdemona vreesbevange, met geslote oë maak-slaap (hoop dis 'n droom wat sy hoor) totdat Othello haar wakker skud. Sy vra

"Speak you of killing?"
"Ay, I do"
"Then I hope you will not kill me"

"Sin City" is natuurlik nonsens vir skoolkinders: al die slagting gebeur sonder vloekwoorde, sonder seks, sonder die seermaak van kinders en diere, en die good guys wen elke keer.

Die werklike vrees in Rodriguez/Miller/QT se "Sin City" is die vrees vir die daglig daar buite, die vaal, droeë, onverstaanbare wêreld wat weier om weg te gaan of te verander.

Ek het nou die aand die sequel v Rodr/QT se "From dusk to Dawn" gekyk. Die fliek het 'n pragtige spottende laaste oomblik, waar die son opkom en die laaste vampiere in hul gate terugkruip. Twee helde het alles oorleef en klop mekaar op die rug:

"Moet erken", sê die een, "ons is MOERSE goeie vampire slayers".
"Too bad there's not a lot of calling for this line of work anymore".

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking