Die oorspronkilike Star Wars het die force, die light sabres, 'n attitude van agressiewe nonsens, en 'n wereld "a long time ago in a galaxy far far away" gehad.
Ses movies, dertig jaar later, waar staan ons?
Dieselfde karakters, dieselfde force, dieselfde lightsabres, dieselfde attitude en dieselfde storie. Waarvoor dan nog 'n movie?
Wat elke keer verander is die agtergrond, die gallery van Arabiese tapyte.
Waar THX se agtergrond niks was, is Star Wars se agtergrond ALS - die hele produksie gaan in die weef van hierdie fantastiese maar stom, bot tapyte waarvoor dieselfde spaceopera oor en oor terugspeel.
Ek vind geen plesier, geen kuns, in hierdie ding van regisseurs om arbitrere werelde te skep nie. Van "Shark's Tale" tot "Lord of the Rings" tot "Star Wars", dis alles dieselfde ding: een groot rekenaar kostuumpartytjie, variasies op dieselfde tema.
Elke wereld is moeër as die vorige een; kom uitgeput op die skerm van al die moeite om "nuut" te wees en dan so vinnig "gebruik te word".
Sci-Fi se groot vermoë is die verwringing, die vergroting van ONS wereld, waaruit ons, as ons gelukkig is, 'n skrap van ons eie buitelyne kan sien.
Star Wars is 'n fantasie, of soos Lucas altyd sê, voor kritiek: relax, dis net 'n movie.
Hy's reg en hy's verkeerd. Waarop voel hy trots in Star Wars? Ek dink nie dis net die geld wat hy maak nie - Lucas het sy lewe gewy aan sy "THX klankstelsel", sy "Industrial Light and Magic" special-effects studio, aan die weef van hierdie tapyte.
Dit verstom my net hoe nonchalant, hoe onambisieus hy is oor sy "voorgrond". Daar is geen poging om enige iets nuuts tot sy epos te voeg nie: dieselfde Jedi Knights, plastiekdroids, wolgediertes, Natalie Portman = Carrie Fisher.
Dit voel in der waarheid asof hy 'n poging aanwend om Star Wars tot die verlede te beperk.
Slaan my dood.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking