Dinsdag, Mei 24, 2005

Civil Disobedience

In 1845-6, terwyl Henri Thoreau nog by Walden was, het Pres. James Polk van die VSA - uit frustrasie met 'n Mexikaanse regering wat aanhou weier het om grond aan hom te "verkoop" - die gebied van Texas geannekseer en met soldate beset tot by die Rio Grande rivier.

Dit het die sg Mexikaans-Amerikaanse oorlog veroorsaak. Die Mexikane het oorlog verklaar, die VSA het Mexiko ingeval, verslaan en 'n enorme stuk daarvan vir hulself gevat: alles wat vandag New Mexico, Utah, Nevada, Arizona, California, Texas, en Colorado is.

Hierdie skokkende vergryp deur sy "demokratiese" land het Thoreau gewalg, meer so omdat die Amerikaanse publiek nie geprotesteer het nie, maar eerder met gusto die proses van besetting en slawerny na die nuwe state begin het.

In protes het Thoreau homself "buite die staat" verklaar en geweier om verdere belasting daaraan te betaal. Die verblufte staatsamptenare het hom laat arresteer totdat 'n groep van sy vriende sy belasting namens hom betaal het.

Die hele episode het Thoreau tot 'n dieper insig gebring: dat regering deur "gewone mense" nie vertrou kan word om reg te laat geskied nie, net so min as regering deur konings; dat demokrasie per se nie genoeg is nie.

Hieruit het hy die opstel "Civil Disobedience" geskryf, 'n konsep wat in sy lewe op dowe ore geval het, maar soos almal vandag weet, deur Gandhi, Martin Luther King en baie ander tot vrug gebring is.

Hy pleit dat sy mede Amerikaners onmiddelik begin om die wette te breek wat teen hul gewete is, en nie wag tot die dag wanneer hul 'n meerderheid van een is nie.

"Cast your whole vote, not a strip of paper merely, but your whole influence. A minority is powerless while it conforms to the majority; it is not even a minority then; but it is irresistible when it clogs by its whole weight. If the alternative is to keep all just men in prison, or give up war and slavery, the State will not hesitate which to choose."

"...if it is of such a nature that it requires you to be the agent of injustice to another, then, I say, break the law. Let your life be a counter friction to stop the machine. What I have to do is to see, at any rate, that I do not lend myself to the wrong which I condemn."

"I was not born to be forced. I will breathe after my own fashion. Let us see who is the strongest. What force has a multitude? They only can force me who obey a higher law than I."

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking