Woensdag, Mei 11, 2005

Der Ring des Nibelungen

Richard Wagner het twintig jaar lank aan 'n dramatisering van die Duitse saga "Die Nibelungenlied" gewerk.

Eers die libretto, wat hy "Gotterdammerung" (Godeskemering) genoem het. Met die voltooing van die teks het hy besluit dat Gotterdammerung 'n inleidende werk nodig het, en begin werk aan "Siegfried", wat vinnig 'n volle lengte opera geword het. Al wat gekort het, het hy gevoel, is 'n inleiding vir "Siegfried", en so is die "Walkure" gebore, en uiteindelik "Das Rheingold" (die inleiding van die Walkure).

Die hele teks saam was uiteindelik "drie operas met 'n vooraand" wat hy "Der Ring des Nibelungen" genoem het. Wagner het die libretto in agterstevoor volgorde geskryf en toe aan die musiek begin werk. In die middel van "Siegfried" het hy eers 'n breek gevat en musiekwereld vir altyd verander met "Tristan und Isolde" en "Die Meistersinger von Nurnberg". Daarna is die Ring voltooi, die artistieke taak van 'n leeftyd.

Das Rheingold, Die Walkure, Siegfried en Gotterdammerung.

Die Ring was altyd veronderstel om 'n groot storie te wees: Koning Ludwig van Bavaria het 'n spesiale teater daarvoor laat bou - die Festspielhaus in die dorpie Bayreuth, waar die volle Ring vir die eerste keer in 1876 op die planke was. Dis geweldig lank: tipese opvoerings is gemiddeld 14-16 uur, oor vier dae. By Bayreuth word elke bedryf [al die Wagner operas het 3 bedrywe] met 'n een uur pouse onderbreek waartydens die gehoor vir 'n stap in die woud of vir ete kan gaan.

Die oorkoepelende storie gaan oor die val van die wereld van Gode (vandaar Godeskemering) en die koms van 'n nuwe era (van mense).

Die hele calamity word veroorsaak deur die tarting van 'n lelike dwergie deur drie meerminne in die Rynrivier. Hulle spot en por hom aan om die goud uit die bodem van die rivier te probeer steel (Das Rheingold) maar skrik hulle dood wanneer hy dit uiteindelik regkry. Die Goud se vloek is dat die draer altyd ongelukkig sal wees, maar die dwergie sien elkgeval geen kans vir geluk vir homself nie.

Van daardie oomblik begin die Rynrivier se watervlak styg, 'n proses wat net kan eindig met die terugkeer van die Goud.

Maar die Gode steel die Goud by die klein dwergie om twee reuse te betaal vir die bou van hul groot kasteel - Valhalla.

Een reus vermoor die ander en verander in 'n draak wat vir die res van sy lewe net sy Goud bewaar.

Uiteindelik word die baba Siegfried gebore uit 'n bitter, gedoemde, broer/suster passie (Siegmund/Sieglinde). Sieglinde word deur Brunnhilde, 'n Walkure (meisie op 'n vlieënde perd wat dooie helde na Valhalla neem) beskerm totdat sy geboorte aan die baba kan gee, maar as straf word sy in 'n sirkel van vuur vasgevang.

Die baba Siegfried word op sy beurt ontdek en grootgemaak deur die oorspronklike dwergie Mime, die een wat die Ryngoud gesteel het. Hy sien in Siegfried die kans om sy Goud terug te kry. Siegfried maak inderdaad die draak dood, maar wanneer die dooie dier se bloed op sy lippe kom bereik hy skielik 'n dieper insig, die woudvoëls se fluite word stemme wat hom waarsku dat Mime hom wil vergiftig. Hy vermoor sy aangenome pa, en bevry Brunnhilde uit haar vuurtoring, ten spyte van die Gode se beste poging om te keer.

Nou het ons die "Siegfried idyll" - die kort oomblik van geluk en liefde tussen Siegfried en Brunnhilde.

Maar Siegfried is rusteloos, moet reis en word uiteindelik ge-trick om Brunnhilde te verraai: onder die invloed van towerdrank ontvoer hy haar as bruid vir 'n local koning (hy herken haar nie meer nie).

En dan, voor 'n groep jagters, vertel Siegfried sy lewensverhaal. Wanneer hy vertel hoedat hy die draak vermoor het, bied Hagen (die bad-guy wat hom ge-drug het) vir hom 'n drankie aan. Dit bring sy geheue weer terug - hy onthou die woudvoëls, hoedat hy Brunnhilde gered het, die Siegfried idyll - maar voordat hy ten volle begryp wat aangaan, skreeu Hagen "VERRAAD!" en steek Siegfried dood.

Die hele ding eindig met die uitbranding van Siegfried se liggaam deur die Brunnhilde en die hele gemeenskap, terwyl die Rynrivier, ongesiens, sy walle begin oorstroom en 'n vloed begin wat die hele beskawing vernietig.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking