Dostojevski se "Herinnerings uit 'n donker kelder" word in Engels gedruk as "Notes from the Underground".
Dis 'n klassieke tragiese fragment wat die twintigste eeu een van sy basiese dramatiese situasies gegee het. “Notes” het al in 'n menigde aangepaste vorms verskyn: van die Martin Scorsese/Nick Nolte bydrae tot die portmentau fliek "New York Stories", tot Pieter Fourie/Marius Weyers se eenmanvertoning "Die man daar onder", en ‘n menigde ander.
Dostojevski se naamlose held is 'n man wat in sy eie woorde veertig jaar in "'n kelder" woon - in selfveragting, in swakheid, in vrees vir ander mense, sonder vriendskap of verhoudings.
Die drang om homself op een of ander manier te laat geld word elke dag sterker, maar hy kry geen uitlaat daarvoor nie.
Uiteindelik nooi hy homself na 'n reunie van skoolvriende, 'n gehate groepie uit sy verlede, met die doel om respek af te dwing - hetsy deur vriendskap of deur wraak.
Die aand loop skeef in 'n snaakse, verleende manier – hulle val uit, hy begin ‘n string beledigings wat op dooie ore val, sy skoolvriende ignoreer hom asof hy nie bestaan nie.
Halfpad deur die aand staan hulle op en gaan saam na ‘n hoerhuis toe; hy piekkel agterna – sy score is nognie gesettle nie. By die hoerhuis betaal hy ingang om hulle te soek, maar pass uiteindelik uit in die gang, na ‘n lang dag van drank en emosie.
In die middel van die nag word hy wakker met ‘n hoer in die bed langs hom. Nou half sober, half dronk, half deurmekaar oor waar hy is, begin hy met haar gesels. Haar naam is Lisa.
Hy vertel haar van die horribale gesig wat hy gesien het: ‘n kis wat deur mans uit ‘n kelder gedra is – ‘n ou vrou wat daar in die donker gesterf het; weg van die son en die wereld. Stadig maar seker werk hy hom op en voorspel dat dit HAAR lot sal wees: die jeug wat vinnig sal verbygaan, siekte sal kom, dat niemand meer na haar sal wil kyk nie, dat sy plek sal moet maak vir die gesondes, dat sy onder in die kelder sal eindig en daar sterf and almal goddankbaar bly sal wees.
Iewers in die nag versag sy hart, hy gee vir haar sy adres en nooi haar om te kom kuier.
**
Die volgende dag kom die nabetragting. Die hele vorige dag voel soos ‘n droom – sy skoolvriende is vergete, sy enigste berou is die !@#$% adres wat hy vir die hoer gegee het.
In sy gedagtes sien hy dat sy gaan kom, sy naam en sy laaste bietjie eerbaarheid sal ruineer, bedel vir geld, afpersing ens ens.
In sy kop berei hy ‘n toespraak en ‘n string beledigings vir haar voor – as sy dit ooit sou waag – om seker te maak dat dit nie ‘n tweede keer sal gebeur nie.
En ‘n paar weke later gebeur alles net soos wat hy gedink het – Lisa daag by sy huis op en, angstig om die regte boodskap tuis te bring, skreeu en verjaag hy haar terwyl sy nog op sy voorstoep staan.
Sy verstaan sy vrees. En daarom, onverwags, halfpad deur sy tirade, stap sy in stilte na hom toe, gee hom ‘n druk, hou hom vas vir ‘n oomblik, draai om en loop weg sonder om ‘n woord te sĂȘ.
Die oomblik van kontak – die eerste in sy lewe – laat hom stom, maar hy sukkel te lank om tot verhaal te kom, en wanneer hy haar terugroep is sy weg.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Dinsdag, Mei 17, 2005
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking