Sondag, Januarie 23, 2005

The Hustler

Daar was iewers gistraand 'n program oor Tom Cruise. Toe ek die poster v die "Color of Money" sien, het ek skielik teruggedink aan "The Hustler" (die voorganger v "Color"), een v my all time great movies.

Die verskil wat 'n groot oomblik maak - beide movies is baie goed gemaak, en terwyl "Color" dit regkry om onder jy vel in te kruip en te "sting like a bitch" (soos Tom se karakter sĂȘ), het dit net nie 'n oomblik wat vergelyk met die "Hustler" se laaste toneel nie.

Paul Newman is "Fast Eddie" en Jackie Gleason is "Minnisota Fats", twee poolspelende hustlers. Fats is die kampioen, maar reeds onder die beheer van 'n bookie ('n uitstekende George C Scott) wat die uitkoms van sy games bepaal. "Fast Eddie" is die nuwe ou op die blok wat droom oor die Big Time.

Die fliek manoeuver natuuurlik die twee spelers in 'n game teen mekaar aan die einde - maar teen hierdie tyd was daar al soveer hustling dat dit moeilik is om te weet waarna jy kyk - twee kampioene of twee pionne, wie is die regte wenner en wie is die regte verloorder?

Wanneer die uitkoms teen die opgestelde fix gaan word Newman deur uitsmyters uitgegooi en gewaarsku om nooit weer sy voete in 'n pool-hall te sit nie.

In die laaste oomblik kyk hy terug deur die deur, na die wereld wat nou vir hom verlore is, en skreeu:

"Fatman - you shoot a GREAT GAME OF POOL !"

en daarna stap hy weg in die niet.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking