Vrydag, Januarie 21, 2005

The Sleeper Awakes

Hoe's dit vir 'n fantasie:

Twee vreemdelinge loop mekaar op die strand raak - een kan al vir jare lank nie slaap nie en sit na die see en staar. Die ander vreemdeling stop en gesels en wanneer hy die arme man se kondisie sien neem hy hom na sy huis. Terwyl hulle kuier en gesels lê die insomniak terug en raak uiteindelik aan die slaap. Vir 'n lang tyd slaap hy, terwyl sy vriend hom versorg.

Jare gaan verby.

Wanneer sy vriend uiteindelik sterf bemaak hy sy fortuin aan die slapende man se versorging, en dan doen ander mense dieselfde - totdat dit 'n tradisie vir eensame mense deur die wereld word om alles vir die wonderbaarlike slaper te los.

En so, tweehonderd jaar later, met sy liggaam op openbare vertoon, maak die slaper sy oë oop: die rykste, magtigste mens & die bekendste gesig in die wereld.

Klink lekker?

Hierdie is my sesde HG Wells boek in 'n ry - en waarskynlik die liggewigste van die klomp. 'n Baie goeie opbou maar daarna is Wells se obsessie met vlieg & vliegtuie in alles se pad. Interresant hoedat hy - 'n honderd jaar terug, voor die eerste vliegtuig gevlieg het - duidelik gesien het dat die wereld regeer sou word deur die een wat die lugruim sou beheer (vra die Irakies & die Serbiers).

Baie mooi slotparagraaf.

1 opmerking :

  1. Interessant om aan H.G. Wells herinner te word. Alhoewel ek via The War of the Worlds goed bekend is met sy oeuvre, het ek nog niks van hom gelees nie. Wetenskapfiksie val nie in my smaak nie, maar ek sou na dese graag een van sy werke onder oge wou kry - The Sleeper Awakes wat u hier liggewig noem, sou dalk vir my kon werk.

    AntwoordVee uit