Donderdag, Januarie 27, 2005

The Charterhouse of Parma

Ek het Stendhal se boek "Scarlet and Black" as skoolkind gelees en was so oorgeboul dat ek besluit het dat dit (saam met die Brothers Karamazov en Sewe Dae by die Silbersteins) die greatste boeke op aarde was. Dit was baie jare terug en ek kan maar min daarvan onthou - maar die gevoel bly steeds staan, net omdat ek die oorweldigende emosionele effek op my onthou.

Dit het my twintig jaar en 'n leeftyd van ander dinge geneem om by Stendhal se "ander boek" - The Charterhouse of Parma - uit te kom.

Hierdie een speel af in die stad v Parma, vandag in Italiƫ (a la Parmalat en Parmesan kaas) en volg die avonture v Fabrizio del Dongo, 'n jong, onskuldige idialis wat veg vir Napoleon in Waterloo en daarna sy lewe lank vlug en wegkruip en homself as "iemand anders" probeer herskep. En natuurlik: die sexy tante wat hom beskerm teen die wereld en die mooi meisies wat hy net nie kan weerstaan nie...

Groot verwagtings, maar ek is bevrees dat weerlig nie twee keer vir my gestrike het nie. Die probleem is die paradoks van baie ou boeke van daai tyd wat die holheid van die hofintriges wil wys, maar terselfdertyd ons met honderde bladsye daarvan probeer vermaak.

Charterhouse ('n Charterhouse is 'n Klooster) is in die trant van ek-het-al-alles-gesien-en-niks-kan my-beindruk-nie - geskryf om te skok. Die eerste 2/3, tot en met Fabrizio se aanhouding in die kerker is nogal spanningsvol, maar daarna wil die knoop nie ontknoop nie en die storie hou net aan om die deckchairs op die Titanic rond te skuif totdat ek later heeltemal vergeet het hoe ons hier beland het en waar ons begin het: 'n maelstroom van intriges en intriges.

"But there is perhaps only one kind of business which is done to perfection in small despotic courts, namely the custody of political prisoners"

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking