Donderdag, Januarie 06, 2005

Die Kersfeeskinders


Elke Kersfees spook CJ Langenhoven se oeroue storie by my.

Die Kersfeeskinders : dit klink soos 'n lekker Christmas-Carol Oukersaand verhaal - en dis net wat die wrede ou man wil hê. Met sy onskuldige neef-en-niggie styl lei hy jou in 'n bitter-hartseer strik.

'n Ou oom en 'n ou tannie lewe soos kluisenaars in die Kangovallei, sonder enige menslike kontak. Wanneer Kersfeesvader een nag deur die skoorsteen val is hy embarassed om te vind dat daar geen kinders in die huis is om voor persente te gee nie. In die volgende drie jaar bring hy elke Kersfees vir hulle 'n baba, en daarna drie geskenke vir die kinders: 'n boek, 'n viool en 'n kwas.

In die jare wat volg word die kinders drie besondere kunstenaars - 'n digter, 'n musiekant en 'n skilder - en transformeer die klein huisie .

En dan een Kersfees - 'n leë boek, leë bladmusiek en 'n leë doek met die woorde "In herinnering, vir mamma en pappa" onderaan geskryf.

Een jaar later, nadat hulle die boek en die bladmusiek en die doek gevul het, kom Kersfees weer, maar hierdie keer, vir die klein huisie, in groot vrees, nie in afwagting nie. En op Kersnag verloor hulle al drie kinders (spaar my die details) en dan bly die ou oom en tannie weer allen oor, soos aan die begin, met net die herinnerings.

1 opmerking :