Jare terug, in die 4de eeu AD, in Egipte, was daar 'n monnik wat besluit het dat hy (met die hulp van God) die wereld se voorste courtesan sal konfronteer en bekeer van haar sondes. Haar naam was Thaïs en syne Athanaël. Hy verlaat sy klooster en na 'n lang geteister slaag uiteindelik in sy doel: hy bekeer haar.
Na haar bekering besluit hy dat sy nooit weer veilig in die stad kan wees nie, die enigste manier om haar vir altyd te red is om haar na 'n nonnery te neem, ver in die woestyn. So lei hy haar op 'n reis na die klooster - die ergste moontlike orde vir vroue - waarna sy nooit in haar lewe weer 'n man sal sien nie.
By die hek van die klooster vra hy vir haar "Is jy gereed?".
Sy sê "Ek is gereed", en stap in.
En dan, wanneer die deure vir altyd agter haar toemaak, besef hy vir die eerste keer dat hy haar liefhet.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking