Woensdag, Desember 29, 2004

The War of the Worlds

In die dae voor vuurpyle, missiele, voor motors en vliegtuie, voor kernwapens, voor bomme wat kom uit die lug uit, voor radio en televisie en radar, voor enige van vandag se groot wapens - ai, wat was daar om voor bang te wees?

"No one would have believed in the last years of the nineteenth century that this world was being watched keenly and closely by intelligences greater than man’s and yet as mortal as his own; that as men busied themselves about their various concerns they were scrutinised and studied, perhaps almost as narrowly as a man with a microscope might scrutinise the transient creatures that swarm and multiply in a drop of water. With infinite complacency men went to and fro over this globe about their little affairs, serene in their assurance of their empire over matter."

Met hulle cutting edge tegnologie word die Marsmanne in groot silinders deur 'n Mars-kanon geskiet aarde toe, waar hulle land naby London en massiewe drie-potige metaalmasjiene aanmekaarsit en daarna: The War of the Worlds - die uitwissing van ons almal met hittegolwe en giftige swart gas.

HG Wells is omtrent in dieselfde beswyming as sy spartelende paniekbevange London, teen die einde is hy so opgewerk dat dit voel asof hy homself half oortuig dat alles regtig gebeur het. Die laaste hoofstuk waarsku dat die volgende aanval van Mars af moontlik al oppad is....

Nog 'n rip-roaring groot droom met 'n bietie wie-weet-miskien-dalk daaragter - met baie oordeel en kunstigheid vertel. Gn wonder dat Amerika gagga gegaan het toe Orson Welles dit oor die radio gebulder het nie.

Vrydag, Desember 24, 2004

Sy Kom Met Die Sekelmaan

Hettie Smit het haar one and only roman in 1937 gepubliseer - en ek eet my hoed op as daar al ‘n beter een in Afrikaans was.

Dis die dagboek en briewe van Maria Theron en haar verterende liefde vir Johan. Hulle "hou kerk" saam, lees vir mekaar voor, skryf gedigte en dan skielik - uit die bloute - is alles oor, Johan wil niks verder weet nie.

Vir lank probeer Maria verstaan wat gebeur het, tot sy uiteindelik in haar dagboek skryf:

"Ek het haar netnou in die spieël gesien: die dom, afhanklike, outydse meisiekind wat met haar piepstemmetjie en bewerige handjies ons helder vriendskap kom vertroebel het - en my uit die werk hou met haar veertienjarige hardop droom dwarsdeur die dag."

Van daai oomblik af is al die dagboekinskrywings in een van twee stemme: Maria - wat haar lewe probeer regruk en aanbeweeg, en Marie - wat in hopelose rou en pyn bly en elke keer terugkom "met die sekelmaan".

Twee stemme binne dieselfde mens.

Geen happy einde hier nie. Net dieselfde groot verlies en die stryd tussen hierdie twee vrouens wat skryf en skinder oor mekaar, sonder uitkoms, jare al na die calamity.

Hettie Smit se dagboek is soos Helen Martins se Uilhuis - "This is my world". Dit maak sin en saak vir net een mens, daars net een seer en een salf en niks anders op aarde maak saak nie.

Deur die loop van tyd word die inskrywings meer en meer onwerklik: drome en herinnerings en bereik uiteindelik die gehalte van digkuns. Maria word oud en Marie word 'n kind wat "popspeel".

Die laaste inskrywing v die boek is:

"Dankie, my niggie: dis dan die poskantoor daardie, oorkant die kerk gebou. Ek sal hom kry, dankie. Dis baie vriendelik van jou om so ver met 'n vreemde ou oom saam te stap. Goeiendag, my kind. Maar wat is die naam, as ek mag vra? Theron? En werk my dogter ook hier by die winkels? O, nie? En wat se werk doen jy as ek mag vra?"
"Ek droom sommer Oom; en ek het lief, Oom".
"Ja, droom en liefhê het ek gesê Oom. Partymaal hou ek skool, Oom. Vyf uur op 'n dag. Maar as die vyf uur verby is, dan het ek lief, en droom maar sommer. Ja, Oom. Ja-nee, dit was glad nie moeite nie. Middag Oom".

Woensdag, Desember 22, 2004

The Triplets of Bellville vs The Incredibles

Ek het nou die aand hierdie twee gaan kyk, die een na die ander (Triplets eerste).

Triplets het my aanvanklik geirriteer met die Franse moenie-te-hard-probeer-en-vermy-die-obvious-ten-alle-koste attitude. Later het ek begin vlamvat, danksy die verrassende gebruik v klankeffekte en mooi stukkies realisme wat die gehoor baie waardeer het. Maar daar was niks wat my hart begeer het in hierdie bitter movie nie - die vooruitsig v die groepie Franse wat terugry na hulle grim huisie aan die einde - nee dankie.

Incredibles is die teenoorgestelde Hollywood etiek: Try-jou-gat-af-maar-bly-by-die-bekende. As konsep vaar dit natuurlik net in veilige water, maar daars lekker touches hier ook. Wat my bybly v die Incredibles is die karakter vd kostuumdesigner en die viscious ysterbal monster waarteen hulle veg.

Later, toe ek daaroor dink, het ek besef dat hierdie twee movies twee ou houdings tot vermaak baie mooi illustreer.

Die een is aksie-as-vermaak - dis Hollywood par excellance - skop, skiet en donder en nie sommer ek en jy nie: monsterballe, rekkende meisies, val van geboue, hardloop op water, hang onder motors en en en en jy kry die idee.

Die ander een is wreedheid-as-vermaak - aksie kos geld en is moeilik om reg te kry - geweld en wreedheid is goedkoop en maklik en gee jou net soveel hardkloppings as die beste aksie.

Die speelveld behoort gelyk te wees in animasie - alles is mos maar ewe maklik om te teken - maar lyk my dinge is dieper in die kultuur vesgelê as wat ek gedink het.

The Village

Ek moet darem iets sê ter verdediging v die Village - die uitstaande movie v 2004 v my.

Die mense van die dorpie word omring aan alle kante deur 'n woud vol monsters, maar hulle lewe in vrede binne die sirkel om hulle, solank hulle nooit oor die tou trap in die monsters se gebied nie.

Die script en die regie is M se gewone "reg uit my kop uit na die tafel" styl, nog krom en skeef en halfgebak, maar demmit: DAAR IS MAAR NET GEEN SUBSTITUTE VIR 'N STORIE MET VISIE NIE.

Ek het gesit en wag vir die twist en toe dit kom was dit soos 'n seegolf oor my: daar is geen monsters in die woud nie, dis die hele tyd die dorpsvaders se manier om die mense gevange te hou.

Is dit nie soos ons almal gesosialiseer word nie??

Koue rillings.

Vrydag, Desember 10, 2004

The Time Machine & The Island of Dr Moreau & The Invisible Man

'n Paar skitterende stories deur HG Wells.

The Island of Dr Moreau

Die doktor gebruik sy eiland om (met medisyne, scalpels, sweep en rewolwer) die eiland se diere in mense te verander. Hulle vermoor hom en keer dan stadig weer terug na hul oorspronklike vorm. En die-man-wat-dit-alles-gesien-het eindig terug in die beskawing, maar kyk nooit weer dieselfde na die mense om hom nie: hy sien altyd 'n dier in hul oe wat wag om weer uit te kom.

“Not to go on all-fours; that is the Law. Are we not Men? “Not to suck up Drink; that is the Law. Are we not Men? “Not to eat Fish or Flesh; that is the Law. Are we not Men? “Not to claw the Bark of Trees; that is the Law. Are we not Men? “Not to chase other Men; that is the Law. Are we not Men?”

The Time Machine

Die Time Machine is net so 'n CLASSIC - 'n visie van die mensdom in die jaar 802,701 ge-split in twee spesies, waarvan die een die ander een eet. En daarna 'n droomvisie waarin alle lewe stadig van die aarde af verdwyn en net betyds REVERSE, terug na die 19de eeu.

Kan nie eers onthou hoekom ek die Wells goed begin lees het nie, maar geniet dit verskriklik! Lekker lengte en detail, regte helderheid, my soort ding.

The Invisible Man

"I experienced a wild impulse to jest, to startle people, to clap men on the back, fling people’s hats astray, and generally revel in my extraordinary advantage."