Woensdag, Desember 22, 2004

The Triplets of Bellville vs The Incredibles

Ek het nou die aand hierdie twee gaan kyk, die een na die ander (Triplets eerste).

Triplets het my aanvanklik geirriteer met die Franse moenie-te-hard-probeer-en-vermy-die-obvious-ten-alle-koste attitude. Later het ek begin vlamvat, danksy die verrassende gebruik v klankeffekte en mooi stukkies realisme wat die gehoor baie waardeer het. Maar daar was niks wat my hart begeer het in hierdie bitter movie nie - die vooruitsig v die groepie Franse wat terugry na hulle grim huisie aan die einde - nee dankie.

Incredibles is die teenoorgestelde Hollywood etiek: Try-jou-gat-af-maar-bly-by-die-bekende. As konsep vaar dit natuurlik net in veilige water, maar daars lekker touches hier ook. Wat my bybly v die Incredibles is die karakter vd kostuumdesigner en die viscious ysterbal monster waarteen hulle veg.

Later, toe ek daaroor dink, het ek besef dat hierdie twee movies twee ou houdings tot vermaak baie mooi illustreer.

Die een is aksie-as-vermaak - dis Hollywood par excellance - skop, skiet en donder en nie sommer ek en jy nie: monsterballe, rekkende meisies, val van geboue, hardloop op water, hang onder motors en en en en jy kry die idee.

Die ander een is wreedheid-as-vermaak - aksie kos geld en is moeilik om reg te kry - geweld en wreedheid is goedkoop en maklik en gee jou net soveel hardkloppings as die beste aksie.

Die speelveld behoort gelyk te wees in animasie - alles is mos maar ewe maklik om te teken - maar lyk my dinge is dieper in die kultuur vesgelê as wat ek gedink het.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking