Woensdag, Desember 22, 2004

The Village

Ek moet darem iets sĂȘ ter verdediging v die Village - die uitstaande movie v 2004 v my.

Die mense van die dorpie word omring aan alle kante deur 'n woud vol monsters, maar hulle lewe in vrede binne die sirkel om hulle, solank hulle nooit oor die tou trap in die monsters se gebied nie.

Die script en die regie is M se gewone "reg uit my kop uit na die tafel" styl, nog krom en skeef en halfgebak, maar demmit: DAAR IS MAAR NET GEEN SUBSTITUTE VIR 'N STORIE MET VISIE NIE.

Ek het gesit en wag vir die twist en toe dit kom was dit soos 'n seegolf oor my: daar is geen monsters in die woud nie, dis die hele tyd die dorpsvaders se manier om die mense gevange te hou.

Is dit nie soos ons almal gesosialiseer word nie??

Koue rillings.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking