Donderdag, November 12, 2015

Die Blou van Onthou

Laat ek dit regkry: Colette word gebore rondom die 1930s, haar dogter is Nandi en die se dogter is Tina. Tussen die drie vrouens strek hulle storie tot vandag.

Ek het dit verskriklik geniet.

Dis regtig net hulle drie. Die mans wat in die boek verskyn praat omtrent tien sinne in totaal - lovers of te not.

Die politiek-van-die-dag, hetsy die Afrikaner optrek van 1938, 1961 se Republiek of 1994 se Nuwe Suid-Afrika, word alles genoem, maar as deel van die tapyt waaroor hierdie karakters loop.

'n Groot deel van die boek het 'n verbasende fatalistiese gevoel.

Colette van binne, gevolg deur Colette van buite (wanneer haar dogter die verteller word), gevolg deur Colette - poof! weg.

Dieselfde met Nandi, die probleemdogter (sonder onderdom, en uiteindelik, wanneer sy op sterwe is, sonder geslag) wat haar baba (Tina) weggee vir aanneming. Wat van haar word is die groot raaisel, wat Marita van der Vyfer slim wegsteek.

Die hele boek het net een liefdesoomblik, 'n dirty-month-in-Portugal wat eindig in 'n liefdesbrief waaraan die skrywer seker vir 'n maand lank geskaaf het.

Dan uiteindelik, nadat die lewe al sy vermorsing uitgewoed het, na al die in-die-pad mans afgesterf is, verander die toon in 'n liriese borreling van afwagting vir die geluk wat vir Colette, as Ouma, bestem is.

Dis alles baie lig, lig-swaar en lig-fantasie - maar wat kan ek sê - dis baie lekker, soos om met toe oë in 'n warmwater bad te lê en net die gevoel te geniet.

My gunsteling oomblik is wanneer Colette "deur die poskaart stap" - wanneer sy op die boot klim wat haar na Engeland neem, vir die eerste keer buite Suid-Afrika, weg van haar ouers.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking