Dinsdag, September 01, 2015

Purity

Die interessantste oomblik in hierdie boek is wanneer Julian Assange (aka Andreas Wolf) sy teorie van geheime vir Pip Taylor, die heldin, verduidelik.

Die geheime wat jy bewaar aan die binnekant is wat jou 'n indiwidu maak. Die gedrag aan die buitekant is die wegsteek daarvan, maar ook, uiteindelik, die drang tot bekentenis.

Secrets are the way you know you even have an inside. A radical exhibitionist is a person who has forfeited his identity. But identity in a vacuum is also meaningless. Sooner or later, the inside of you needs a witness.

Hierdie beginsel is die meganisme van hierdie hele enorme roman: hoe 'n geheim tot stand kom, na binne beweeg, die gedrag wat dit toesmeer en uiteindelik die uitsypeling daarvan.

Pip lewe saam met haar ma in haglike omstandighede onder 'n nuwe identiteit om van haar ma se gewelddadige ex te ontsnap. Dis geheim nommer een, en wanneer Pip uiteindelik sover kom om dit vir een van haar kollege vriendinne te vertel draai dit uit dat haar ma se hele storie uit 'n boek kom wat haar vriendin toevallig gelees het. Verleentheid...

So wat is die waarheid? Pip het nooit haar pa geken nie. Haar ma erken sy het 'n leuen vertel maar weier om enige iets verder te sê.

Dan kry Pip (wie se naam, tot haar oneindige skaamte, in werklikheid Purity is), die geleendheid om vir Wikileaks te gaan werk, en sy hoop om deur al hulle bronne haar pa op te spoor.

Dis 'n laang ouskool boek. Alhoewel 'n groot deel daarvan in kommunistiese Oos-Duitsland afspeel het dit 'n klap van die Russe weg. Franzen begin Turgenev-styl met elke karakter se pa se voorstorie en oorskiet Tolstoy-styl die einde met 'n ekstra 100 bladsye.

Maar dis lekker om 'n lang boek te lees, elke nou en dan. Vir Franzen is die plesier om die kers van sy karakters deur die nag te laat brand sonder dat die winde hulle doodwaai. Om dit reg te kry bly hy in 'n moeilike tussenwereld van halwe-humor en sonder patos - nie te veel hiervan en daarvan, soos om op 'n dieet te bly vir 600 bladsye.

I considered, quite seriously, strangling her to death while I fucked her and then throwing myself in front of the 8:11 bus. The idea was not without its logic and appeal. But there were the bus driver’s feelings to consider …

Dis moeilik om te verstaan wat die ou Oos-Duitsland met die prys van eiers te doen het, maar dan laat in die boek kom hy te voorskyn met 'n nuwe teorie: dat die Internet die herskepping van die ou totalitere staat is. Omdat roem en sukses nou deur die Internet bepaal word - word alle mense forseer om daaraan deel te neem.

The answer to every question large or small was socialism. If you substituted networks for socialism you got the Internet. Its competing platforms were united in their ambition to define every term of your existence.

Verder is Google en Facebook groter sondaars as die NSA, volgens Franzen.

There were a lot of could-be Snowdens inside the New Regime, employees with access to the algorithms that Facebook used to monetize its users’ privacy and Twitter to manipulate memes that were supposedly self-generating. But smart people were actually far more terrified of the New Regime than of what the regime had persuaded less-smart people to be afraid of, the NSA, the CIA—it was straight from the totalitarian playbook, disavowing your own methods of terror by imputing them to your enemy and presenting yourself as the only defense against them.

Vir die vorige generasie intellektueles was Televisie van Wyk Louw se Raka - die vernietiger van kultuur. Gaan die Internet hierdie geslag se Raka wees? 

Die mees volledige karakter in die boek, uiteindelik, is Pip se ma Anabel. En dis 'n baie onsimpatieke uitbeelding van 'n totale neurotiese wrak wat haar dogter haar lewe lank wegsteek van haar pa (haar "Purity"!).

Iewers in haar jong dae gaan sy na 'n Halloween partytjie aangetrek in gewone denims, sonder kostuum, en een van die meisies kyk na haar en merk katterig op

'Ordinary person'. Get it. She can only pretend to be ordinary.

Die pyn in Purity is dat mense se geheime fantasie nie is om psigopate of miljoenêrs te wees nie - maar gewone mense.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking