Woensdag, Julie 15, 2015

Die Wasgoedlyn

Riku Latti (die lelike ou op die foto) is beste Afrikaanse musiek kunstenaar waarvan jy nog nooit gehoor het nie. 

Ek het nog nooit 'n CD van harde plastiek van hom gesien nie (ek weet nie eers of so iets bestaan nie), maar daar is songs en videos van hom versprei oor YouTube en Soundcloud en die Internet, en op 'n stadium was sy albums downloadable - dis hoe ek dit die eerste keer gehoor het.


Dat hy onbekend is is verstommend, gegewe die gehalte van die songs wat hy skryf - beide die musiek en lirieke is van die beste in die Afrikaanse korpus - en sal eendag standaarde in ons musiekboek wees.

Wie weet wat die toekoms inhou - maar intussen het Riku 'n onskatbare ondergrondse Afrikaanse beweging begin wat Die Wasgoedlyn genoem word.


Soos Bartok 'n honderd jaar gelede Hongaarse folk musiek bymekaargemaak het, so het Riku ons land deurrys en kunstenaars groot en klein en nietig en ongehoor opgeneem in hul sitkamers en stoepkamers.


Almal in oomblikke sonder 'n gehoor, sonder ligte, met geen geld op die spel nie, sonder die druk om enige iets te wees.


Daar bestaan 'n album hiervan wat Die Wasgoedlyn genoem word.


Dit is die eerste versameling van hierdie musiek - met songs van Laurinda Hofmeyr, Les Javan, Bacchus Nel, Riku, Gert Vlok Nel, Churchill Naude en ander.


Skitterende werk, en ek verneem daar is 'n TV reeks en nog albums in die werke.


Hieronder is 'n paar links - alles chaoties, maar goeie chaos, die kosbaarste soort chaos wat ons klein volkie kan oplewer.


Kapenaars kan hierdie naweek die Wasgoedlyn sirkusgroep in aksie sien - ondersteun hulle asseblief, hulle verdien dit.





Onse Vaders deur Churchil Naude & Riku Lätti: https://www.youtube.com/watch?v=5JZZYFO9iZE
Churchil Naude CD Resensie deur Koos Kombuis: 

Paar stukke musiek: https://soundcloud.com/wasgoedlyn
Twitter: @Die_Wasgoedlyn
Site: http://www.diewasgoedlyn.co.za/ (Meer volledige webwerf is oppad)
Wasgoedlyn Promo: https://vimeo.com/118689576
Die eeste Wasgoedlyn CD is ook onlangs uitgereik en daar is nog heelwat oppad.'n Eerste resensie: http://www.netwerk24.com/vermaak/2015-07-08-radio-lava-bied-aan-die-wasgoedlyn-eerlike-en-aardse-musiek-op-di-album

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking