Woensdag, Junie 10, 2015

Noudat slapende honde

Ronelda Kamfer se sterkste ding is dat sy 'n werklike bee in haar bonnet het: ek is niemand se kind nie.

Ek het nog nooit 'n Afrikaase gedig gelees oor vrees vir Afrikaners nie.

Nou sit ek om ’n tafel 
met my voorvaders se vyande

is die eerste woorde.  Sterk begin.

Ek sal hierdie bundel onthou daarvoor - dis 'n hele nuwe perspektief vir my.

maar ten minste kan ek julle nou sonder 
'n breakdown ignore 
en dit alles te danke aan 
VOORUITGANG 
yes, julle etters 
ek het die geheim ontdek 
ek praat julle taal 
ek eet julle kos 
ek bly in julle vaderland 
ek drink julle wyn 
ek sing julle musiek 
en liewe ooms, ek, ja ek, ek vry met julle seuns

Die titel is kort vir noudat slapende honde wakker is - great idee

Noudat slapende honde wakker is
en ek my helde in rock n roll en
gangsta-rap gevind het

Die res van die gedigte het 'n wrang-hartseer wrang-snaakse trant, sonder dat dit te ernstig is

pasop vir depressie

As jy aangerand, 
verkrag, gehijack, ontvoer, gevange gehou was 
moet jy sorg 
dat jy by ’n psigiater uitkom 
dis als goed wat depressie veroorsaak 
dis goeie redes vir depressie 

Kak ouers 
kak onderwysers 
kak kerke 
kak kos 
kak mense 
kak klere 
kak reĆ«ls 
kak wette 
kak musiek 
kak weer 
kak timing 
kak digters 
en ’n kak gedagte 
veroorsaak nie depressie nie

Dis deel van die lewe

Geen aardbewings nie, maar sy skryf met goeie idees en regte irritasies, dis die belangrikste.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking