Vrydag, Junie 12, 2015

I look to you

In February 2012 is Whitney Houston dood gevind in die bad van haar hotelkamer. Sy het verdrink in omstandighede wat later aan dwelms gekoppel is.

Sy was op daardie oomblik die mees bekroonde sanger in die geskiedenis, en een van die heel suksesvolste ooit.

Haar hele boedel - meer as $100 mil - is geërf deur haar dogter Bobbi Kristina Brown, wat drie jaar later (Jan 2015) in dieselfde omstandighede gevind is. (Sy lewe nog in 'n permanente koma met breinskade)**

Whitney se laaste album was I look to you - dit het uitgekom na ses jaar van stilte waartydens sy deur 'n diep persoonlike krises was.

Op daardie album is die lied I look to you - dit is 'n desperate, roerende kreet vir hulp.

About to lose my breath
There's no more fighting left
Sinking to rise no more
Searching for that open door 

Ek is nie 'n fan van Marilyn Monroe en arme ekke supersterre nie.

Maar elke keer wanneer ek hierdie lied hoor of na hierdie foto van haar kyk - die dooie swart oë en die gesig met soveel pyn (nothing to do but lift my head, sing sy) - dan wil ek huil vir Whitney, vir haar dogter en dat dinge so verkeerd kan loop.

R. Kelley, wat I look to you vir Whitney geskryf het, het dit op haar begrafnis gesing.




** Bobbi Kristina Brown is ses weke later, op 27 Julie 2015, oorlede.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking