Dinsdag, April 12, 2005

Ecce Homo

'n Menigde skrywers het al "dagboeke van 'n malman" geskep. In hierdie boeke is die verval in gekheid baie keer die skrywer se manier om sy diep vebode fantasieë 'n vliegkans te gee, sonder om die gevolge te dra.

Die naaste wat ons aan die WARE DING het is Nietzsche se laaste boek: "Ecce Homo" - sy autobiografie, van soorte.

Dis 'n verwysing na die insident in die Bybel waar Christus met 'n doringkroon op sy kop en 'n lap om sy lyf na buite, voor 'n skare gelei word met die woorde Kyk na hierdie man!.

"Ecce homo" is Latyn vir "Kyk na die man".

Nietzsche was aan die einde van 'n dekade van afsondering en swerf opsoek na iewers om sy gesondheid te herstel. In hierdie tyd het hy sy beroemde gesegde geskep

"As dit jou nie doodmaak nie, maak dit jou sterker".

Die vergelyking van homself met Christus is soos altyd daar vir die uitlok van reaksie.

Nietzsche skryf dat hy 'n "oorlogsnatuur" het. Hy kon nog nooit stilbly na 'n belediging nie because swallowing down is bad for your stomach.

'n Paar jaar tevore het Nietzsche die antieke Iranese profeet Zoroaster gehijack vir sy beroemdste boek: Also Spracht Zarathustra. "So sê Zarathustra". Zarathustra was sy belangrikste, inspirerende boek. 'n Over-the-top, kripties-profetiese uitbarsting van al sy belangrike gedagtes: die magswil, die supermens, die ewige terugkoms, die groot gety.

Baie anders geskryf as enige van sy ander boeke (wat so glad soos seep lees). 'n Moeilike boek.

In "Ecce Homo" wys Nietzsche vir die eerste keer sy volle hand en sy volle hart: alles wat hy voorheen in Zarathustra se mond gesit het, kom nou uit sy eie stem.

En daarmee die verval in malheid.

Die eerste drie hoofstukke is "Why I am so wise", "Why I am so clever", en "Why I write such good books". Grappie? Glad nie. Nietsche is heeltemal ernstig.

Daarna 'n beskrywing van sy lewe en werke (en sy geloof dat Zarathustra die grootste boek van alle tye is).

Die laaste hoofstuk is "Why I am a destiny". Daarin voorspel hy dat die wereld hom binnekort sal ontdek, dat hy "na sy dood eers gebore gaan word".

'n Paar weke na die voltooing van "Ecce Homo" het Nietzsche oor die plein van Turin gaan stap en ineengestort. Toe hy weer bykom was hy kranksinnig.

Sy ma (wat hy verag het) het hom kom haal en terug geneem huistoe, en hom weer soos haar klein seuntjie versorg. Na haar dood is Nietzsche na 'n malhuis geneem, waar hy in 1900, na 10 jaar van kranksinnigheid, gesterf het.

Hy het nooit weer geskryf nie.

[ 12 April 2005 ]

1 opmerking :

  1. hi Gert, cool site,quite enlightening! check gerus myne uit :)
    regards!

    AntwoordVee uit