Woensdag, Mei 20, 2015

Amused to Death

Word die wereld beter of slegter? Ek dink baie hieraan, omdat ek nou oud genoeg is om te kan terugdink oor hoe dinge in die ou dae was.

Toe ek 'n kind was het Matrieks Std Sesse geboelie en karnuffel. Ek het eenkeer 'n sessie hoor durf vra hoekom hy so mishandel word?

Die antwoord was: vir algemene deur-die-kak-heid.

Ook in my kinderdae het Pink Floyd hulle legendariese reeks manies depressiewe albums vrygestel. Hulle het geskreeu op die mensdom vir al hul vraatsug, wreedheid en algemene deur-die-kak-heid.

Ek het jare laas daarna geluister, en alhoewel ek die meeste daarvan eerder sal wil vergeet het dit 'n groot rol in my jong lewe gespeel.

Ek hou 'n paar van die songs op my telefoon - onder andere die song Amused to Death,  hoofsaaklik omdat hierdie reels my so aangryp:

The kids on Melrose
Strut their stuff
Is absolute zero
Cold enough?

Neil Postman, wat die boek Amusing ourselves to Death geskryf het - het twee vorms van tirannie in die toekoms voorsien - die Orwell 1984 tipe - waar Big Brother jou dophou - en die Huxley Brave New World tipe - waar mense se verslawing aan konstante stimulasie en amusering hulle gevange hou - waar die mensdom Big Brother is.

In die song land 'n groep aliens op die aarde om ondersoek in te stel na die uitsterwe van die mensdom. Nadat hulle alle ondersoeke voltooi het is hulle slotsom

The species has amused itself to death

Ek het vanaand weer daarna geluister, terwyl ek gestap het, en besef dit was 1992 - voor die Internet, slimfone, realiteits-TV, Big Brother, Facebook en Twitter.

Wie sou kon dink?

Het ons al absolute zero bereik - en is dit koud genoeg?

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking