Maandag, Desember 15, 2014

Russiese flieks

Nietzsche het eenkeer gesê dat mens moet leer om die stroom te gebruik wat jou trek na iets - en jou dan weer wegtrek daarvan.

In 2014 het die stroom my getrek na 'n orgie van Sowjet-era en Russiese flieks - ek weet nie waarom nie - maar dit was vir my 'n ongelooflike verrykende ervaring.

Die propaganda flieks van die 1920s is vandag legendaries, maar met een of twee uitsonderings laat dit my koud. Dis eers in die laat 50s dat die Sowjet flieks vlamvat - met 'n goue era deur tot die einde 80s.

Deur die loop van die jaar het ek geskryf oor 'n paar van hulle, maar daar was baie meer - en natuurlik duisende meer nog as wat ek ooit sal kan kyk.

Behalwe vir Onvoltooide stuk vir 'n meganiese klavier het ek alle filmweergawes van die groot Russiese romans en dramas vermy. Reg of verkeerd - ek was bang dat dit my herinneringe daarvan kon bederf.

Wanneer ek krag het en die stof gaan lê wil ek terugkom hierheen en tien of twintig kies om oor te skryf in meer detail - voordat die stroom my weer wegtrek en alles verdwyn uit my kop :).

Intussen, hier is die hoogtepunte, in absoluut geen volgorde...


Die man met 'n filmkamera
(
Человек с киноаппаратом)


Solaris (Солярис)

Come and See (Иди и смотри)

Stom Siele (Овсянки)


Storie van Stories (Сказка сказок)
Die Wensboom (ნატვრის ხე)
Ek is Kuba (Я Куба)
Ironie van lot (Ирония судьбы)
Spieël (Зеркало)
Derzu Uzala (Дерсу Узала)
Broer (Брат)

Die kleur van granaat (Նռան գույնը)
Moscow vertrou nie trane nie
(Москва слезам не верит)
Die Kraanvoëls vlieg
(
Летят журавли)
Stasie vir Twee
(Вокзал для двоих)
Stilyagi (стиляги)
Aarde (Земля)
Meermin (Русалка)
Potemkin (Броненосец)
Die Son (Сóлнце)
Ballade van 'n Soldaat
(
Баллада о солдате)


Russiese Ark (Русский Ковче)
Andrei Rublev (Андре́й Рублёв)
Pirosmani (ფიროსმანი)
Moeder en Seun (Мать и сын)
Moloch (Молох)

















Verweer deur die son
(
Утомлённые солнцем)













Stalker (Сталкер)

Ek dwaal deur Moscow
 (Я шагаю по Москве)
Kantoor romanse
(
Служебный роман)
Die diamant arm
(
Бриллиантовая рука)
Kin-Dza-Dza (Кин-дза-дза!)
Garage (Гараж)

Alexander Nevsky
(Алекса́ндр Не́вский)



















Yolki (Ёлки)
Nostalgia (Ностальгия)




Ashik Kerib (აშიკ-ქერიბი)



Onvoltooide stuk vir 'n
meganiese klavier
(
Неоконченная пьеса для
механического пианино
)
Wrede romanse ( Жестокий романс)
Moeder (Мать)


Die skadu van vergete voorvaders
(
Тіні забутих предків)
Terugkeer (Возвращение)









Bekering

Ivan se kinderjare (Ива́ново де́тство)
Faust
Smeking (საპროცესო)
Generation P
Leviathan

Almal sterf behalwe ek
Lefty



Zerograd
Wit Woestynson


Die Eiland

2 opmerkings :

  1. Het lang comment geskryf wat verdwyn het, sal weer probeer: Dankie vir die deel! Is self ook "spell-bound" deur Russiese films, geskiedenis en boeke op die oomblik. Het al die Tarkovsky films gesien behalwe die laaste een asook Brat & Nevsky. Is mal oor die melodrama en over-acting in Eisenstein se Nevsky & Ivan the Terrible :) Gaan jou lys bewaar as verwysingsbron na nog skatte! Een vraag: ek is tans uitsluitlik aangewes op Youtube vir die kyk van films / dokumentere. Enige ander internet bronne wat jy kan aanbeveel? Groete!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Dalene!

      Ek het alles deur torrents afgelaai en hier en daar van YouTube. Die ou Mosfilms dra nie kopiereg nie, voordeel van die kommunisme!

      Die Russe is besonder lief vir "hartseer komedies", bittersoet chick-flicks: kyk bietjie na "Irony of Fate" of "Station for Two".

      "Come and See", as jy dit nog nie gesien het nie, is ongetwyfeld die grootste oorlogfliek wat ek ooit gesien het. Spielberg het dit as inspirasie gebruik vir beide Schindlers List en Private Ryan.

      Naas die Russe lyk dit asof die Georgiaanse flieks die sterkste was in die Sowjet Unie - kyk na "The Wishing Tree", koue rillings.

      Waar om te begin!

      Vee uit