Sondag, Februarie 08, 2004

Kill Bill Volume 1

Die credits sê "The 4th film by Quentin Tarantino", wat my dadelik laat wonder het of die kak nie na Quentin se kop toe gegaan het nie.

Dat Q talent het is nie altemit nie. Sy beste eienskap was nog altyd en is nogsteeds 'n sterk gevoel vir woorde en storie. In hierdie ding probeer hy vir die eerste keer ook 'n bietjie v 'n aksie movie maak, lyk my. Daar is 'n spul swaardgevegte wat weinig bydrae tot enige iets cinematies. En nogsteeds lyk dit of Q net selfvertroue het wanneer sy karakters 'n wapen vashou, soos 'n baba sy kombersie. Niks veel het verander nie.

Hulle sê dat ongemaklikheid met seks die oorsprong van soveel horrorstories is - ek kan dit sien in Kill Bill. Geen plek hier om die sinne te geniet nie. Uma is so ge-de-seksualise soos wat sy kan wees, in daai aaklige geel outfit.

Die eerste sequence, die fight met die swart vrou wie se dogtertjie halfpad deur by die huis inkom, was v my die beste. The 4th Comic Book by Quentin Tarantino, sou ek die titel laat lees het. Ek wag nog v die 1st film by Q.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking