Maandag, Maart 15, 2010

Under the Volcano


Ek het hierdie boek vier jaar terug ingedagte uit 'n rak in 'n boekwinkel getrek en van die titel gehou. Begin, gelos, oorbegin, weer gelos, hervat en uiteindelik klaargemaak. En dis nie 'n besonder lank boek nie - die hele storie speel in een klein dorpie op een dag af.

Dit gaan oor die Britse "konsul" in Mexico tydens die Tweede Wereldoorlog - Geoffrey Firmin. Die naam is 'n bysaak.

Die skrywer, Malcom Lowry, noem sy karakter deurgaans net "The Consul". Dis moelik om te besluit of hy ernstig is hieroor, want soos hy self sê - daar was geen Britte of Britse belange in Mexico nie. Mexico was neutraal-pro-Duits in die oorlog - en die boek begin met 'n dubbele calamity vir die konsul: hy word herroep deur die Britse Home Office en kry terselfdertyd 'n brief van sy vervreemde vrou, wat vra vir 'n egskeiding.

Met die wereld going to pieces en geen verdere belang by enige daarvan nie, besluit die konsul om sy laaste dae in 'n klein dorpie in Mexico deur te bring, aan die voet van 'n vulkaan - en homself dood te drink.

Laat gaan - daai gevoel van vrede en aanvaarding wanneer daar geen verdere hoop meer oorbly nie.

Maar dan, wanneer die wereld 'n waas word, wanneer al sy pyn en gevoel verdwyn, daag sy vrou skielik weer op - en sy wil hul huwelik red, saam met hom. En saam met sy vrou sy broer, as haar moral support.
Maar om weer met die verlede te deal, al daai pyn en smart wat gegee en geneem is - is dit die moeite werd?

"as he approached she turned this hand palm upward in an involuntary movement, of irritation perhaps, but it was like an unconscious gesture of appeal: it was more: it seemed to epitomize, suddenly, all the old supplication, the whole queer secret dumb show of incommunicable tendernesses and loyalties and eternal hopes of their marriage. The Consul felt his tearducts quicken."

Die konsul bly pynlik passief teenoor sy vrou se toenaderings. Tot en met haar aankoms droom hy die heeltyd oor haar - hier is sy nou en sy skep oomblikke, een na die ander, om hom te smeek om saam met haar weg te gaan - en hy reageer net nie. Waarom?

Die drie van hulle doen saam 'n busrit na die local rodeo, net om die konsul uit die huis te kry. Daar's 'n donderstorm, chaos en in die chaos verloor hulle mekaar.

Die konsul gaan na 'n kroeg, waar hy vir hulle wag. Daar, in sy besopenheid word hy slaags met die locals en brawl tot hy deur die polisie gearresteer word - skepties dat hierdie "konsul" waarskynlik 'n Britse spioen is.

Hy probeer vergeefs verduidelik - hulle kry niks sinvol uit hom nie, hy's te dronk. Later sê hy maar net: my vrou en my broer sal enige oomblik hier wees en alles opklaar.

En die polisie sê - hier is niemand by jou nie. Hulle konfiskeer briewe van sy vrou wat hy in sy baadjiesak dra, en daarna gaan hy heeltemal amok en raak geweldadig, waarna hy summier met 'n rewolwer geskiet word.

En wanneer die konsul inmekaar sak en sterf dink hy nog vir een oomblik: wanneer kom hulle?

En dan besef hy - hulle was nooit daar nie. Sy vrou het nooit teruggekom nie. Dit was maar net in sy kop en sy hart. En skielik maak alles sin - hy kon nooit sy vrou se pleidooie antwoord nie - vlug weg saam met my! - want sy was nooit regtig daar nie.

Die laaste woorde van die boek is 'n kennisgewing in Spaans wat by die plaaslike parkie opgerig is. Die konsul het vroeer die dag daarna gestaan en staar.

Dit sê

Sien jy hierdie pragtige tuin?
Maak seker dat jou kinders dit nie beskadig nie.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking