Sondag, Desember 01, 2013

Lotus


nee dis nog geen lente

dis 'n winterblou meeu wat aan dooie grond pik
dis die dokter se swart perd se hoewe wat klop 
dis die wind wat droefheid so vee oor die sneeu
en die klokke probeer die honger wolwe verskrik

nee dis nog geen lente

maar die lente sal kom
kyk die lente sal kom

Breyten op sy smagtende beste, gedryf deur daai hongerte vir vulvulling en nirvana

ek kom oor gisters en baie lande
gedra in die driftige draf van die honger roofdier...

"Lotus" is in 1970 publiseer, in die donkerste Ou Suid-Afrika dae. Dit was sy 4rde bundel poesie en sy langste tot hede.

Anders as die voriges is daar geen politiek in nie.

"Lotus" is uit en uit Ek, God, Liefde en Dood.

Dis baie persoonlik en glad nie in 'n stem wat by prekery sou pas nie. Breyten - altyd meer bewus van sy foute as enige kritici -weet hy stink van die liefde.

Die eerste deel is wat hy noem "ongepubliseerde juvinalia". Hierdie vroee verse is alles variasies van liefde en 'n reis van een of ander aard. Dis nog nie so doodsbehep soos die verse wat later sou volg nie.

Een daarvan is die bekende gedig "windroos" (hang die wit seile uit...)

bring die vaatjies vars water aan boord
'n palmboom om die kuste af te rond
lemoene my pype die blomme die brood
....
vandag nog in waarheid en op staande voet
vaar ons uit huis toe:
kry nou net nog enige see

kry nou net nog enige see - there's the rub.

Ek stel my 'n seuntjie aan die rand van 'n swembad voor - gereed vir die sprong - ge-hipnotiseer deur die water.

In hierdie vroee verse droom hy oor 'n geliefde wat aan sy sy is vir hierdie oomblik, gereed om hierdie sprong saam met hom te maak.

Dis 'n sprong van verwoesting, wat lewens verander, maar onafwendbaar. Die spanning in hierdie gedigte is die spanning van hierdie oomblik - die trots en die vrees, die wete dat die oomblik gaan sterf.

want ons liefde gaan sterf
selfs al baar ons huis net 'n duif
dan is dit reeds genoeg
selfs al laat die duif net 'n vlug
op die wind
op die wind na die see

(Soos "huis die dowe" die boek van bome was, so is duiwe die simbool van "Lotus". allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif...)

Maar het Breyten so 'n geliefde vir sy sprong? Stadig maar seker word dit duideliker dat sy groot getroue geliefde nie 'n mens is nie, maar sy geliefde Digkuns.

kyk, niks is so puur soos die digkuns nie!
my liefdesling, my eensaamheid!

En dan neem Breyten en sy geliefde Digkuns die plunge in die water in

die Groot Taak is
om van hondedrolle
sterre te maak
om die Groot Niet te vertrap

of, meer elegant

om 'n volmaakte sirkel om die niks te trek

Breyten se sprong is 'n smagting na die eenword met die heelal,

'n disintegrasie-deur-die-liefde na 'n God
...
wat deur berge en waters breek, wat feilbaar en wreed en
menslik en afskuwelik is, lieflik soos 'n granaatbos
'n krygsman, 'n minnares, 'n hermafrodiet, 'n god
met 'n skaduwee en dou op haar skouers

Daar is 'n bisarre storie in die middel van die boek - baie mooi vertel - van 'n man wat in 'n hasehok toegesluit word, lewenslank. Hy laat sy frustrasies uit op die arme hase totdat hy eendag besef dat hulle kan kom en gaan soos 'n hulle wil, dis net hy wat toegesluit is. Die hase kom uiteindelik vir selfmoord na die hok.

Die moral of the story, volgens breyten, is eenvoudig

dieper moet jy sing

Nou ja toe.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking