Donderdag, Desember 05, 2013

Las Meninas

In 1656, kort nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, het die Spaanse skilder Velazquez hierdie skildery voltooi - Las Meninas. Geen ander skildery het deur die volgende 350 jaar 'n groter invloed gehad nie.

Om perspektief te gee: op hierdie oomblik is die duurste kunswerk in die wereld Die Twee Kaartspelers van Paul Cezanne. Die Koning van Qatar het dit in 2011 gekoop vir $270,000,000.

En tog, as Las Meninas ooit op 'n veiling sou kom sou sy prys hierdie bedrag ongetwyfeld verdwerg.

Deur die jare het dit 'n groot simbool geword van die skeppingsproses en van wat skoonheid beteken.

Op die oog af is Velazquez besig met 'n portret van Koning Philip IV en sy vrou. Die groot insig was die idee om 'n portret te skilder sonder om die Koning te wys, maar eerder twee refleksies van hom - sy huis, huishouding en die respek - en dan, ver agter, sy refleksie in 'n spieel, saam met die Koningin.

Daarmee het Velazquez 'n deur oopgemaak wat kuns sou verander: die idee dat die weergee van die essensie van 'n mens buite homself kan wees, in sy werk, sy huis en die mense wat hy raak. Die skildery is ontsaglik kompleks en boeke en boeke is reeds daaroor geskryf.

Behalwe vir die verf en kwas aspekte, vang dit ryk idees vas waarvan ek hou.

Eenheid en onafhanklikheid. Anders as 'n still-lewe portret is hierdie 'n gestolde oomblik oor 'n klomp mense. Elkeen is gevang in 'n klein liggaamsbeweging wat impliseer dat dit 'n oomblik-in-tyd is. Maar ook: onafhanklike beweging in verskillende dieptes in ruimte, met die karakters onbewus van mekaar (wie agter my staan en wat hy doen) - ten spyte van die feit dat hulle hierdie oomblik deel.

Beauty and the Beast: Die ou royalty was mal daaroor om dwergies op te dress. Die Koning se dogtertjie is die middelpunt van die skildery. Langs haar staan die arme dwergie. Is dit nodig, vir skoonheid om waardeer te word, om lelikheid langs dit te he? En word lelik leliker wanneer dit mooi aangetrek word? 
Aandag. Waarna kyk almal? Dit lyk terselfdertyd asof niemand kyk na die Koning en Koningin nie - en dan weer andersom - asof hulle die hele tyd een oog op die Koning hou en ontsettend bewus is oor hoe hy hulle ervaar.




Onskuld en Verandering. Die freakin seuntjie wat op die hond trap is 'n classic. Die arme hond is 'n pragtige beeld van natuur-gelukkig-in-sig-self, los my uit in my eie wereld. Die seuntjie is die mens, die kunstenaar wat nie kan help om met 'n mooi ding te peuter nie.

Ruimte en Tyd. Die helfde van die hele skildery bevat niks! net die groot lee kamer. Maar dis die raam rondom die aksie - daarin hang die gees van die Koning se rykheid en sy geskiedenis. Maar dit is ook 'n raam vir tyd wat verbygaan. Die donker swart skilderye - half onsigbaar, wys hoedat alles wat vars geskep is in tyd verdonker en verdwyn.

Natuurlik en Onnatuurlik. Dit lyk asof haar diensmeisies klein Margaret Theresa probeer paai terwyl ma en pa geskilder word - maar dis natuurlik andersom. Dis SY wat die middelpunt van die skildery is en so stil as mooitlik probeer staan - klaar opgedollie vir 'n lewe van mooilyk wat voorle.


Who made Who? En laastens, Velazquez self - en ver agter in die spieel is Koning Philip IV en die Koninin. Die groot ironie is dat, aan die einde van die dag, die skildery nie 'n portret van die Koning of sy familie is nie, maar van Velazquez self - by verre die mees handsome ou in die prent. Sommige mense beweer dat die Koning nie eers in die kamer is nie. Dis gewoon 'n ander skildery wat daar agter hang.
Dis 'n cliche dat kuns jou van die kunstenaar vertel. 

Aan die einde van die dag deel die kunstenaar en sy onderwerp dieselfde doek, en die kunswerk wys die kunstenaar direk en die onderwerp (die Koning) indirek.

Who made Who? 

2 opmerkings :

  1. 'n Baie besonderse blog, te wonderlik vir woorde na regte - so reguit en eenvoudig sonder om nuanse te verloor.

    Ek haal vir u Derrida (2001:41) se woorde uit "I Have a Taste for the Secret" aan - ek dink dit vertel iets van die kunswerk wat die kunstenaar (die Meester) direk wys en die onderwerp (die Koning) indirek:

    Memoirs, in a form that does not correspond to what are generally called memoirs, are the general form of everything that interests me – the wild desire to preserve everything, to gather everything together in its idiom. To gather together even that which disseminates and, by its very essence, defies all gathering.

    AntwoordVee uit