Saterdag, Mei 19, 2012

die huis van die dowe

die huis van die dowe was, in 1967, Breyten se tweede bundel gedigte, na die ysterkoei moet sweet.

I. Eet my woorde, trooswoorde

Breyten is altyd op sy beste wanneer sy gedigte direk gerig was aan sy geliefde. Wanneer hy praat met 'n doel en met emosie word alles soveel duideliker - huis van die dowe is nie 'n liefdesbundel nie. Daar is min liefdesgedigte, maar nogsteeds, dit bevat die classics my vrou en slaap klein beminde

en my gunsteling

'n bossie bergblomme

nederige blomme van 'n vreemde berg
vir jou verjaardag
sodat jy berghelder kan lag
en jou hande kan klap by die venster
...
hulle geur net vir jou 
hulle berge soet geur


en elders

want ons tuin verval so gou
soos 'n lewe
soos 'n onbeantwoorde gedagte...

II. Ons maande is ou lemoene...

Bome bome bome. 

huis van die dowe, nog meer as ysterkoei, word oorheers deur beelde van bome, uiteraard vir breyten die groot simbool van lewe en dood, van melking en verkragting.

Vyebome rule sy wereld

geen boom is so die moeder van koelte
waarin huwelike voltrek word nie
waar die stewige stam ingepas word
in die mondrooi mond van die grond
vlees wek vlees
en die vye is vol melk

dennebome

mens hoor die intensiteit van die son as hy vibreer
deur die sonbesies en deur die wind
mens ruik die vreugde van die harde dennebome

die verandering van seisoen, van somer na winter

soos die wereld om ons vervaag
so trek ons asems weer hemde aan
...
sal ons ooit weer onder palmbome slaap?
en waarom ruik alles 
so teer en so mooi?
vir oulaas?

Die hele boom-storie bereik sy hoogtepunt met die reeks gedigte hoe om 'n gedig te skryf onder die vrugteboom in die reen, gevolg deur ek skryf 'n gedig onder die vrugteboom in die reen en uiteindelik die gedig onder vrugteboom in die reen.

Hier het ek hoendervleis gekry, want ek het skielik 'n visie van die wereld ervaar

(ek was altyd te behep met plantegroei - 
van wat die appel sĂȘ
hoe die bloeisel se beentjies knak
as hy groei van botsel tot vrug - 
is dit mens wat blaar en bas moet word
en so die pyn van rede verstar?

Die visie is dit: die mensdom is een reusagtige boom, duisende jare oud. Ons mense die groeiende botsels wat nooit kan behou wat jy het nie, nooit kan bly in die oomblik nie, al veg jy hoe, want almal verander uiteindelik in dieselfde vrug ten spyte van al die gepraat, en vind daarin doel, stilte en dood. Maar wat het verlore gegaan in die proses? 

Ek dink die twee reels

hoe die bloeisel se beentjies knak
as hy groei van botsel tot vrug - 

is waarskynlik so goed 'n opsomming van breyten se gedigte as enigiets anders.

III. Wit vlieg.

Breyten begin uiteindelik sy lang loopbaan in politieke geskryf met die fantastiese reel die ganse soek water

in die gedig die afvrot van die staat

baie dinge sal nog verander
ander vlae sal nog versinsing,
ander ideologiee dalk marsjeer - 
die ganse soek water
...

Maar dit is 'n versigtige begin. Ek dink die jong breyten was geskeur in drie rigtings, en alles daarvan is duidelik in hierdie bundel

Vertel my van my mense
Praat, breek jou bitter asem oop
Gesels my nag vol Suiderkruise

teen hierdie tyd lank reeds gevestig in Frankryk, was hy diep bewus en diep waarderend van die Afrikanerboom waaruit hy gegroei het, en van sy ouers en broers.

Die ander ding wat hy moes oorkom was die intense vervreemding van die kunstenaars van sy tyd. Dis moeilik om met conviction te skryf oor onreg aan ander sonder die geloof wat daarmee moet saamgaan. 

wat ek met my hart nie kon voel nie
kon ek met my kop nie bewys nie

Dit was waarskynlik sy eie ervaring van onreg en onnoselheid wat die swart wind skielik uitgekry het, want wat is 'n gedig anders dan 'n swart wind?

Wat is verkeerd met hierdie plek, Suid Afrika?

die son skyn en die wolke reen
bome stoot en word vuurhoutjies,
koeie bler en pis melk,
brommers sien om na die heuning
...
net die mense is star
wit en swart met skille en al
op die rotse uitgeskyt

Die hele laaste deel van die boek is politiek, duidelik van die linker kant. Breyten gebruik die woord apart en apartheid verskeie kere sarkasties, maar praat nie direk daarvan as DIE euwel nie. Onthou die sensorskap van die tyd. Dit was immers 1967.

Daar is die pragtige rewolusionere gedig - testament van 'n rebel.

gee my 'n hart 
wat aanhou klop
klop sterker sal klop as die wit klop
van 'n bang duif in die nag
harder sal klop as bitter koeels

gee my 'n hart, 'n klein bloedfabriek
wat bloeisels van vreugde
kan spuit
want bloed is soet is mooi
is nooit verniet of vals nie

Die woorde "Huis van die Dowe" beteken twee goed vir my - eerstens die nuttelose protes teen 'n volk wat nie kan hoor nie, 'n huis van dowes.

Tweedens, dat die siel aan die binnekant is en in stilte gevind word, nie in die geraas daar buite nie.

alles swel toe:
dis ook 'n droogte, maar so
kan mens jou in die stilte van jou binne-oor
vereenselwig met 'n self - 
jou klein dowe ek luister in die oor

2 opmerkings :