Vrydag, Desember 09, 2011

Bart Nel

Die Rebellie van 1914 was een van die mees traumatiese episodes in die Afrikaanse geskiedenis (waarskynlik 2de naas April 1994). Dit het gevolg op die Boereoorlog 12 jaar tevore. Die Boere het die "Boer War" verloor, maar dit was in werklikheid 'n triomf - die hoë morele toon van die Engelse was vir altyd vernietig.

Moeder Engeland moes die duurste denkbare kampanje op die been bring: een British Empire soldaat vir elke Afrikaner (man vrou en kind), sowel as die grootste mensejagting in wereld geskiedenis: vir Christiaan de Wet en die ou Vrystaatse President Steyn agterop sy perd, 'n blywende simbool van vryheid. Die konflik het Queen Victoria na haar graf geneem, sy het gesterf met die woorde "failure is not an option", maar nooit die victory gesien nie.


Dit word in die geskiedenis onthou as die begin van beide die guerilla-oorlog en trench-war era en die onvergeeflike Britse konsentrasiekampe en grootskaalse verbranding van Boere plase.

Asof enige iemand wat Afrikaans kan lees dit nie sal weet nie.
Maar die Boere was nie werklik verslaan nie, hulle was ten volle gemobiliseer en kort voor lank was die Afrikaanse Nelson Mandela - Louis Botha - aan bewind. Botha was 'n formidabele leier vir beide Boer en Brit, hy het sy eertydse vyande so beskaam dat dit vir hulle moeilik was om hom in die oë te kyk.

Onder hom was sy verengelsde, onverstaanbare, vervreemde, intellektuele Thabo Mbeki - Jan Smuts.


Die Rebellie van 1914 was die gevolg van Botha en Smuts se besluit (seker nie 'n maklike een nie) om tot die Eerste Wêreldoorlog toe te tree deur Namibia in te palm vir die Empire.


Daar was 'n onmiddelike, spontane reaksie deur al die Boere leiers, wat die oorlog as 'n godgegewe kans gesien het om van die Engelse ontslae te raak. Maar Botha was vasberade, en het aangekondig dat hy beheer van die weermag sal neem en enige rebellie persoonlik sal onderdruk.

Daar was 'n oomblik van aarsteling in die lug en meeste Afrikaners het besluit om niks te doen nie.



Des nieteenstaande was daar tog 'n rebellie - dit was klein, maar genoeg om alle goeie trou tussen die voormalige kamarade vir ewig te vernietig. Generaal Beyers het verdrink in die Vaal Rivier. Generaal de la Rey is doodgeskiet by 'n pad blokkade. Generaal de Wet se seun is gedood, en hyself gevang en tronk toe.

Een offisier wat nooit formeel uit die weermag bedank het nie - Jopie Fourie - is skuldig bevind aan hoogverraad en het die doodstraf gekry.



Daarna was alles verby. Jan Celliers het 'n gedig geskryf "Jopie Fourie"


Daar trek 'n koeel met spoed met spoed
Hy's nat van Afrikaner bloed
En smart die boodskap wat hy voer
Hy kom uit Afrikaner roer

Johannes van Melle was een van die rebelle . Uit sy ervarings daarvan het hy "Bart Nel" geskryf. As jy vir enige iemand van my geslag die woorde "Bart Nel" sê, dink hulle dadelik


Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.



Dit was ons almal se voorgeskrewe boek op skool. Dis Bart se laaste woorde in die boek en die een wat onderwysers onderstreep het as die kern van die storie.


Wel, dit is en dit is nie.


Bart Nel is een van die beste boeke wat ek nog ooit gelees het.


Dit kom uit 'n diep-gevoelde emosie en woede - maar soms, wanneer 'n skrywer so seker is oor wat hy wil sê, maak dit sy weergawe van die wereld omstandighede ryk en glas-helder - hy kan liberaal toegee aan alles wat hy vrees en veroordeel, omdat hy geen balans probeer soek nie, hy is totaal gegrond in wat die uiteinde van dinge sal wees.


Dis die geval met Bart Nel.


Bart is, soos die skrywer voel, 'n rebel wat alles verloor maar sy siel behou.


Wat maak dit Fransiena, die vrou wat hom verlaat? Die een wat alles behou maar haar siel verloor? Glad nie. Sy behou dieselfde soort suiwerheid as Bart, op haar eie manier.


Die verhaal is basies
  • Bart besluit om sy gesin te verlaat en die rebellie te join, al waarksu Fransiena dat sy hom nooit sal vergewe nie,
  • Na hulle afskeid in die eerste hoofstuk praat Bart en Fransiena nooit weer met mekaar in die hele boek nie. Die res van die hoofstukke vertel hulle twee aparte stories in paddaspronge verby mekaar.
  • Bart is betrokke in een skietgeveg waarin een regeringsoldaat sterf. Die rebellie misluk.
  • Bart gee homself en sy kommando oor. Niemand in sy groep erken enige betrokkenheid met die soldaat se dood nie, en Bart word na Pretoria gevangenis gestuur.
  • Fransiena is te kwaad om Bart te besoek, hy is te trots om haar te vra.
  • Sy skryf 'n koue brief vir hom, ter wille van die kinders (en kry 'n ewe koue brief terug).
  • Skuldeisers wys aan Fransiena IOUs - goedere wat Bart gekommandeer het in die naam van die "rebellie". Sy voer haar eie bittere verlore stryd teen bankrotskap.
  • Fransiena soek hulp by 'n prokereur op die dorp - Ferdinand Basson - en 'n versigtige verhouding ontwikkel tussen die twee. Hy kry 'n koper vir haar plaas.
  • Fransiena skryf 'n brief aan Bart en vra of hy wil skei. Sy berou dit die oomblik wanneer sy dit pos.
  • Bart se antwoord is natuurlik "As jy wil skei, skei".
  • Hulle skei en sy hertrou met Ferdinand.
  • Bart word vrygelaat en keer terug na dieselfde klein dorpie, sonder gesin of plaas.
  • Wanneer Fransiena hom weer sien, op 'n afstand, bars sy in trane uit en kan nie dink wat haar besin het nie.
  • Sy probeer via haar pa toenadering maak aan Bart. Bart wil niks weet van haar nie. Fransiena se pa skud sy hand en sê "Ek is jammer om jou te verloor ou seun". Een van die beste oomblikke in die boek.
  • Fransiena bly by haar man, wat oor haar voel soos "'n hond wat nie genoeg kos kry nie". Hy vra haar – wil jy terugkeer na Bart en sy antwoord "Ja, maar hy wil my nie hê nie. Maar jy wil my darem nog hê". Dis vir hom 'n enorme verligting om te hoor en vir haar om te verbaliseer. Op daardie oomblik bind die twee hulle lot aan mekaar. Dis die boek se een groot counterpoint.
  • Bart se dogtertjie skuif van sy plot af na sy ouers op die dorp, sodat sy kan skoolgaan. Bart eindig alleen, "met sy siel in hom". Dis die ander groot counterpoint.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking