Sondag, April 05, 2009

From Hell

Baie mense glo dat “King Lear” Shakespeare se grootste werk is omdat dit niks van die bo-natuurlike bevat nie. Geen spoke (Hamlet) of hekse (Macbeth) nie. Net mense.

In dieselfde gees is “From Hell”, ‘n comic deur Alan Moore, van Watchmen, V for Vendetta, Top 10 ens fame. Dis ‘n geweldige lang lees, amper 600 bladsy (en vir die wat dink comics gaan gou, make no mistake, jy lees jou gat af).

Die hele ding is ontwerp en gelewer as streng tradisionele swart potlood tekeninge.

Dit gaan oor die reeks moorde in London 1888 wat die koerante destyds aan “Jack the Ripper” toegeskryf het. En daar is geen superheroes en superpowers nie.

Daar is ook - in die woorde van die twee ou manne wat 40 jaar later na die “Ripper” se graf stap - “geen hurry” nie.

Alles verloop baie stadig, terwyl Moore die storie ontwikkel a la Stanley Kubrick.

Die werklike Ripper het tussen 5 – 10 vrouens (afhangende van wie vertel) se kele gesny, geslag en verskeie binne-organe verwyder – en is nooit gevang nie.

Moore se Ripper word van die begin af gewys, as kind, as student, as moordenaar, word gevang, erken alles en word vrygelaat sonder enige straf. Hoe so?

Hy was Sir William Gull, haar majesteit Queen Victoria se persoonlike dokter – en het dit alles gedoen om die koningin van ‘n skandaal te beskerm: ‘n royal baba is in die slums gebore (haar halfwit kleinseun was die pa) en vier prostitute het probeer om die paleis af te pers.

Dit was alles ‘n sameswering.

Maar waarom die besondere brutaliteit.

Gull het ‘n rympie gesing

“If I were a tailor I’d make it my pride the best of all tailors to be
And if I were a tinker, no tinker beside would mend an old kettle like me”

Moore wy een hele hoofstuk – Hoofstuk 10, The Best of all tailors – om die vyfde moord-ritueel in afgryslike detail te wys – 34 bladsye lank. Skielik verstaan die leser waarom die hele boek is growwe swart sketse gedoen is.

Queen Victoria kan tog nie hiervoor account nie.



Moore skep daarom ‘n verdere lang relaas oor Gull se hangups oor vroue, ens ens, maar dit is oud en moeg en unconvincing.

Die interresantste deel van hierdie boek is ‘n tema wat begin met ‘n vraag

“What is the 4th dimension?”

Sonder om enige aandag daarna te trek, teken die kunstenaars enkele rame (net voor, tydens en na die moorde) in ‘n eietydse konteks – ‘n hotelkamer met ‘n TV-stel, ‘n kantoor met rekenaars en laptops, ‘n skyscraper in 1888? onverklaarbaar vir die tyd en onversoenbaar met die styl van al die ander tekenings.

Uiteindelik word dit duidelik wat Moore probeer se – Jack the Ripper was nie net ‘n mens nie – dis ‘n strain in ons genes, ‘n al-om teenwoordige monster in alle tye en alle plekke en alle mense – die monster wat “geboorte gegee het aan die 20ste eeu” – ‘n dimensie van ons wese.

Geen superheroes, geen superpowers, maar ‘n visie van die mensdom.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking