Die volgende is blykbaar waar: in 1990 het ‘n jong student - Christopher McCandless - graad gevang aan ‘n universiteit in Atlanta (geskiedenis en volkekunde) en die pad gevat.
Sy gesin het nooit weer van hom gehoor nie.
20 maande later is sy liggaam ontdek in ‘n verlate, stukkende bus diep in Alaska, op ‘n jagroete naby die Denali Nasionale Park.
McCandless het ‘n dagboek van soorte gehou. Daaruit blyk dit dat hy vir omtrent 6 maande alleen in die bus gewoon het voordat hy uiteindelik van honger gesterf het.
Hy het in sy slaapsak gelê, asof hy in sy slaap heengegaan het. Sy liggaam het net 33kg geweeg.
Wat in sy 20 swerfmaande gebeur het is mysterie en mite. Eers ‘n artikel, toe ‘n boek – Into the Wild – en uiteindelik het Sean Penn in 2007 ‘n movie gemaak.
Teen hierdie tyd het Alaska wat hulle noem die “McCandless phenomenon” – jong mans wat sonder voorbereiding Alaska aandurf, in situasies waar dit onmoontlik, of ontsettend duur is, om hulle te red.
Wat was in sy kop?
Sean Penn se movie maak baie van sy haat vir sy pa en ma, maar ek is nie heeltemal convince hierdeur nie. McCandless het ‘n ander naam in hierdie tyd gebruik – Mr Supertramp – hy was duidelik ‘n intellektuel en het boeke oral saamgepickel – Thoreau en Jack London.
In die movie het hy ‘n klomp odd-jobs, woon saam met ‘n hippie-couple, flirt met ‘n mooi meisie, maak vriende met ‘n ou man (wat aanbied om hom aan te neem) voor die laaste skof in Alaska.
Sean Penn se McCandless het my laat dink aan Heat – daarin het Robert de Niro, die fliek se krimineel, het ‘n leuse gehad
“Never have anything in your life on which you cannot walk out in 15 seconds flat”.
Hierdie onaanraakbaarheid, onverbondenheid, is vir Sean Penn sy groot vryheid. McCandless travel sy pad soos ‘n ware guru - sonder enige twyfel. “You’re not Jesus, are you?” vra een van die karakters.
Maar hy sê niks, vra niks. Almal wonder oor hom – vlug hy van iets, onverwerkte haat?
Die karakter op die skerm maak geen sin nie. Hy vorm geen bonds nie, sy hare word nie langer nie, geen baard nie. Waar kry hy sy kos en al die klere vandaan?
Hy verbrand sy geld en abandon sy kar, maar verskyn daarna met ‘n jaggeweer en bullets to spare.
Dis een van daai movies waar jou wantroue in die karakter vererger en vererger.
Maar tog, aan die einde, was dit vir my fantasties.
In die bus is ‘n uitgeskeurde bladsy gevind waarop hy geskryf het
I HAVE HAD A HAPPY LIFE AND THANK THE LORD. GOODBYE AND MAY GOD BLESS ALL!
As hy kwaad was, het hy dit oorkom?
Baie is reeds gesê oor McCandless se swak beplanning – hy was geweldig fiks en tough, maar het geen kaart of kompas gehad nie. Hy skied wild maar weet nie hoe om die vleis te droog nie. Hy was vasgevang omdat hy nie die rivier terug kon oorsteek nie (die stroom water was te sterk), maar daar was binne 1 km van sy bus ‘n hand-gedrewe ferry tram oor die rivier waarvan hy onbewus was.
Maar dit is wat “Into the Wild” beteken.
Into the Darkness, Into the Unknown – soos die gewonde Tristan wat met sy laaste krag in sy skuitjie klim en dit die see in stoot, die see wat sy lot moet bepaal.
Ek dink daar is ‘n diep behoefte in mense na misterie, na onkunde. Om te staan voor iets sterkers as jyself.
Met voorbereiding is daar geen “into the wild” nie.
Ek kan myself McCandless voorstel, wat verswak, alles eers bitterlik berou, en na rou die besef dat daar geen keer is aan sy lot, homself resign.
Ek het hierdie fliek so geniet, nie as movie nie, maar as herinnering dat die wereld groot is:
“There are more things in heaven and earth Horatio, than are dreamt of in your philosophy.”
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Maandag, Februarie 09, 2009
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Eks bly ek het jou blog ondek.
AntwoordVee uitShakespeare - Hamlet, ek haal daardie selfde woorde aan so gereeld soos ek moontlikheid kry! Alowel ek dit nie hier sou aanhaal nie, verstaan nietemin wat jy daarmee bedoel het.
Maar wat ek eintlik wou sê is dat die musiek in hierdie fliek alles deur Eddy Veder van Pearl Jam gedoen is, die Koos Dup. van Grunge. :)
Dankie vir jou kommentaar!
Vee uitThere are more things... gaan op my grafsteen staan, saam met 'n paar ander in Afrikaans.