Maandag, November 07, 2005

V for Vendetta



Remember, remember, the 5th of November,
The Gunpowder treason and plot,
I know of no reason
Why the Gunpowder treason
Should ever be forgot

Dis 400 jaar gelede, hierdie naweek, sedert Engeland se “Gunpowder Plot”. ‘n Groep Katolieke het die Britse parlement, met koning James I en al, so amper-amper opgeblaas met 2.5 ton buskruit in ‘n kelder direk onder die House of Lords.

Daarmee saam sou ‘n klein hoeveelheid Katolieke MPs gesterf het; een van die samesweerders het besluit om hulle te waarsku; die polisie is in kennis gestel en ‘n eerstydste soldaat en plofkundige (Guy Fawkes) is in die kelder betrap; vir drie dae lank gemartel; sy makkers verraai en vroeg in 1606 is hulle almal gehang, geslag en hul liggaamsdele vir die publiek uitgestal.

Verskeie herskeppings en eksperimente het intussen bewys dat Fawkes se voorbereiding van die kelder beslis sou gewerk het – almal in die Parlement, insluitende die koning, sou gesterf het.

In 1981-88 het Alan Moore en David Lloyd Guy Fawkes laat herleef in die comic boek “V for Vendetta”. Dit speel af in ‘n Fascistiese Engeland van die toekoms (1997!), oppad na die 400ste herdenking van die Gunpowder Plot.

Die land word beheer deur die “Leader” en sy rekenaar “Fate”, almal groet mekaar met die woorde “England Prevails”, CCVT en die nasionale PA stelsel is in elke huis en straat van die land, “minderhede” – swartmense, Moslems, homos etc - is reeds deur konsentrasiekampe van kant gemaak, die staat se organe word lettelik genoem – The Ear, The Eye, The Mouth, ens.

En dan verskyn ‘n anargistiese terroris wat homself “V” noem, in die kostuum, cone-hoed en masker van Guy Fawkes, en begin ‘n eenman oorlog, met plofstof teen die staat.

Moeilik om nie te cheer vir V nie, ten spyte van sy ‘n snide, egoistiese, alwetende, aanslag, op die oog af net so wreed soos sy vyande. Hy red ‘n meisie – Evey – van die polisie, die “Fingers” en diep in sy wegkruipplek gee hy haar ‘n Phantom-of-the-Opera-agtige heropvoeding.

Evey het haar pa tien jaar tevore aan die konsentrasiekampe verloor, ons word bewus daarvan dat “V” ‘n mediese eksperiment in sel 5 van ‘n konsentrasiekamp was, dat hy ontsnap het – deurgaans terg-en-teister hy haar met die moontlikheid, dat hy, agter die masker, haar verlore vader is.

Die drie dele van die storie “Europe after the War”, “The Vicious Cabaret” en “The Land of Do-As-You-Please” word deurspek met die beeld van V se handskoen wat dominoes pak, oppad na die sy groot klimaks, die voltooiing van Guy Fawkes se werk, die vernietiging van die regering.

Daar is ‘n pragtige oomblik wanneer V die regering se CCTV stelsel opblaas, en daarmee saam oor die PA vir die volk “drie dae van vryheid en privaatheid” aankondig, drie dae waarin julle enige klein onbenullige dingetjie kan doen sonder dat iemand sal kyk

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking