Sondag, Oktober 16, 2005

The Life Aquatic


'n Paar jaar terug is Wes Anderson gehuur om 'n movie oor die late Jacques Cousteau, die Franse see-filmmaker, te maak.
Die ding waarmee hy te voorskyn gekom het was 'n movie met die naam "The Life Aquatic", vaagweg nog Cousteau, maar uiteindelik iets veel groter.
Bill Murray is "Steve Zissou", die hoofrol. Ek kan nie myself iemand meer onvanpas voorstel nie - Bill Murray is die ultimate lae-energie akteur, Jim Carrey is hy beslis nie.
Maar gee hom 'n kans.
Steve Zissou het pas sy beste vriend van baie jare verloor aan wat hy noem "die byt van 'n Jaguar shark". Niemand het nog ooit so 'n dier gesien nie, maar vir sy volgende fliek is Steve van plan om hierdie haai te soek, te vind en dood te maak.
Hiervoor doen hy 'n "junket" van geldinsameling. Sy projek word deur die Franse akademie met vestomming ontvang:
"What would be the scientific purpose of killing the animal?" vra een.
"Revenge", antwoord Steve droogweg.
Met hierdie crazy-miskien-waar-miskien-liegstorie prikkel hy genoeg mense en geld om 'n ekspidisie te begin.
Die helfde van sy hangers-on en borge is daar om uiteindelik die "Jaguar shark, if it actually exists" te sien; die ander helfde wil maar net kyk vir hoelank hy hierdie liegstorie kan uittorring voor dit alles collapse.
En daar gaan hulle.
Life Aquatic is een van my groot gunstelinge, vir hierdie lewe van die Showman - die Great Pretender - wat dit so perfek uitbeeld.
Pragtige oomblikke:
Bill Murray wat luister na sy producer se verduideliking oor die hul geldprobleme. Uiteindelik vra die producer "Verstaan jy!"
"I DONT understand but I can tell it's bullshit"
Angelica Houston op haar private eiland.
Die swanger Cate Blanchette, wat geblinddoek, met 'n geweer teen haar kop prewel: "I need a baby for this father".
Bill Murray en sy moontlike seun Clive Owen se helikopter crash in die see. Sy laaste woorde aan sy kind is eenvoudig "This is going to hurt".
Die boot se kitaarspeler, wat deurgaans die repetoire van David Bowie in Portugees sing. Weird maar beautiful.
In die laaste toneel sit Steve buite die teater tydens die premiere van sy nuwe fliek. 'n Klein seuntjie kom sit langs hom en vra "What kind of movie is it?"
"It's an adventure", sê hy.
Inderdaat.

Dinsdag, Oktober 11, 2005

Sin City

In die sestigs het Sergio Leone die cowboy movies van sy kinderdrome geskep, sy visie, soos Hollywood dit nooit gemaak het nie - en daarmee saam Clint Eastwood, die squint en die sigaar - "The Good, the Bad and the Ugly".

In die sewentigs het George Lucas die siel van Saterdagoggend serials gebruik as inspirasie vir "Star Wars" - die neverending story wat begin in Ep 4 en eindig in Ep 3, 'n smagting om die lewe verby te droom en nooit wakker te word nie.

Ons geslag het Q. Tarantino en sy entoesiasme vir pulp fiction.

Wat is hierdie QT ding?

In "Resevoir Dogs" se berugte oor-afsny toneel sê Michael Madsen vir die verpletterde polisieman - "ek gee nie om wat jy weet nie, ek wil jou martel because it amuses me to torture a cop".
 
Ek het gedink - dis die filmmaker wat praat: gee nie om hoe hy die geweld motiveer nie, dit amuseer hom gewoon.

In "Sin City" vra een karakter vir die ander "Will killing me give you satisfaction?", waarna (die onherkenbare maar lekker) Mickey Rourke antwoord: "Not the killing, everything that comes before".

"Sin City" het 'n helse lot bloedvergieting en wrede geweld, maar niks wreder as Euripides (daai kindermoordenaar par-excellance) of Shakespeare (een vrou naai 'n donkie en 'n ander se oë, hande en tong word uitgesny).

Maar natuurlik: it's not the killing, it's everything that comes before.

Die ou gesegde sê niks fokus die mind soos die prospect of death nie. Gehore moet vandag saam met slagoffers-to-be na hierdie uitgerekte doodmaak repartee luister. Stadig maar seker word dit alles (soos met die Nightmare-on-Elm-Street reeks se Freddy Kruger) een lang stand-up comedy act.

It's not the killing, it's everything that comes before.

Othello is so 'n drama. Op haar laaste nag lê Desdemona vreesbevange, met geslote oë maak-slaap (hoop dis 'n droom wat sy hoor) totdat Othello haar wakker skud. Sy vra

"Speak you of killing?"
"Ay, I do"
"Then I hope you will not kill me"

"Sin City" is natuurlik nonsens vir skoolkinders: al die slagting gebeur sonder vloekwoorde, sonder seks, sonder die seermaak van kinders en diere, en die good guys wen elke keer.

Die werklike vrees in Rodriguez/Miller/QT se "Sin City" is die vrees vir die daglig daar buite, die vaal, droeë, onverstaanbare wêreld wat weier om weg te gaan of te verander.

Ek het nou die aand die sequel v Rodr/QT se "From dusk to Dawn" gekyk. Die fliek het 'n pragtige spottende laaste oomblik, waar die son opkom en die laaste vampiere in hul gate terugkruip. Twee helde het alles oorleef en klop mekaar op die rug:

"Moet erken", sê die een, "ons is MOERSE goeie vampire slayers".
"Too bad there's not a lot of calling for this line of work anymore".

Saterdag, Oktober 08, 2005

War and Peace


Ek het "War and Peace" al vele male in my lewe in boekwinkels opgetel. Die blurbs op die omslae is iets om te lees, 'n gespartel vir oortreffendes. Penguin se line al die jare was "few would dispute the claim that War and Peace is the world's greatest novel in any language".

Dis "a complete picture of human life", 'n "vast panorama". In die laaste paar jare was dit die "mirror of humanity" soos Shakepeare of Homer en "the flawless placement of complex characters in a turbulent historical setting".

Ek het vanaand 'n nuwe duursame hardeband uitgawe in Exclusives gesien, met 'n spesiale boekmerk wat die belangrikste familiebome en karakters lys. Voorop is 'n coy skildery-detail van 'n mooi meisie en 'n goue sticker wat sê "A life changing novel; a must-read new translation".

Ek het dit vasgehou en gedink: waarom my weerstand? Ek het op hierdie blog al meer as 'n dosyn keer oor Tolstoy se boeke geskryf, maar nog nooit oor War and Peace (of Anna Karenina) nie.

Dit voel soveel kleiner in die hande. Noudat ons Marcel Proust se 4000 bl "Soektog na die Verlore Verlede" het, beindruk die eens magtige W&P se lengte en wydheid nie meer soos tevore nie.

W&P was inderdaat 'n seminale oomblik in my lewe, maar as 'n mens dit as kunswerk lees is dit 'n mislukking. Mense wat dit vandag lees vir daai ryk-mense-op-vakansie gevoel van 19de eeuse romans sal teleurgesteld wees, veral met die tweede deel (Oorlog).

Resensente skud vandag hulle kop oor hierdie enorme kroniek wat net aangaan en aangaan, en sy einde met 'n goeie 500 bladsye oorskiet. En na al die lees kom dit tot geen dramatiese klimaks en ontknoping nie.

Maar mense verstaan nie W&P nie - dit gaan nie oor die horror of war of a complete picture of human life nie. Dit gaan nie oor opoffering of heldedade nie; daar is geen patriotisme in W&P nie.

Op die oog af gaan dit oor Napoleon se rampspoedige inval van Rusland in 1812.

Wat Tolstoy in W&P probeer doen het (suksesvol, glo ek) is om 'n reuse doek te skep waarop hy sy groot morele stelling kon wys: Oorlog gebeur omdat elkeen wat daaraan deelneem dit toelaat.

Mense glo dat die oorlog bepaal is soos 'n skaakspel tussen Napoleon en die Tsar.

Tolstoy wys dat hulle invloed (aan beide kante) op die werklike gebeure gering was, ten spyte van die bevele wat hulle links en regs skreeu.

Die peasant wat v die Franse leer die verkeerde pad aandui omdat hy 'n oomblik tevore deur 'n soldaat geklap is, het uiteindelik die toekoms v Europa bepaal net soveel soos Napoleon of die Tsar. So ook die soldaat wat die klap gegee het - so, in fact, elke mens wat deur hul optrede deelneem en toelaat bepaal die uiteindelike situasie waarin die wereld teen sononder verkeer.

Ons lot, die pyn wat ons mense aandoen, kom nie "van bo" nie, dis ONS wat dit doen, daar is geen verskoning.

Die patos van W&P is hierdie verbete reis van Tolstoy, soos die man wat soek na die eindpunt van die wereld, angstig vir die lewendige bewys waarmee hy vir altyd die saak kan sluit.