Saterdag, April 16, 2005

Die Vroue van Troje


Euripides se drama "Vroue van Troje" speel af in die konsentrasiekamp waar die Trojaanse vroue en kinders wag vir hulle lot; nadat hulle mans verslaan en hulle stad verbrand is.

Die vroue sluit die berugte Helen v Troje en die mal profeet Cassandra in, maar die twee belangrikste karakters is Hecuba, die koningin van Troje; en Andromache, weduwee van Troje se groot held Hector.

Hecuba het alles en almal verloor behalwe haar seuntjie Polydorus, wat sy betyds uit die stad gesmokkel het.

Sy weet nie dat die man wat sy omgekoop het om hom te huisves besluit het dat dit makliker is om maar net die kind se keel af te sny en haar geld te vat nie (voor die Grieke hom kry...)

Sy troos haarself aan die gedagte van Polydorus terwyl sy die lyk van haar laaste dogter in die rivier afwas, wanneer sy opkyk en 'n klein liggaam in die water sien afdryf na haar toe...

Terselfdertyd troos Andromache haar en Hector se enigste baba Astyanax. Hulpeloos en seker dat iets verskrikliks gaan gebeur.

Uiteindelik kom die Grieke se besluit: sy moet die kind oorhandig sodat hulle hom van die hoogste toring van Troje kan gooi.

As sy dit sonder weerstand doen, sal hulle die lyk vir haar terugbring, anders sal hulle hom net daar los vir die wolwe.

Oorlog, tragedie, grusaamheid, verloor en verlies.

1 opmerking :

  1. Hi Gert. Ek is tans besig on my Lisensiaat Diploma te doen in Spraak en Drama. Ek het 'n vragie. In een van die ou eksamen vraestelle wat ek het vra hul die volgende vrae waarmee ek sukkel:

    Gee 'n beskrywing van die Taal en Styl van Vroue van Troje?

    Bespreek die hoofkarakter van Vroue van Troje as 'n goeie voorbeeld van 'n tragiese held? (Hekabe)

    Gee 'n volledige karakterbeskrywing van die karakter waut u in u monoloog vir die praktiese eksamen gaan vertolk? (Andromache).

    As jy my dalk kan help met die bogenoemde vrae sal ek dit baie waardeer. My e-mail adres is wepenerq@gmail.com.

    Baie dankie!

    AntwoordVee uit