Vrydag, Maart 04, 2005

The Last Temptation of Christ

Die Oscars is verby en Martin Scorsese het - teen alle verwagtings - weer verloor.

Ek het nog nie Clint se movie gesien nie - ek was nie mal oor Aviator nie - maar as die wereld fair was sou Scorsese jare terug al 'n Oscar gekry het vir "The Last Temptation of Christ". In die plek daarvan het hy 'n storm kritiek - godsdienstig sowel as artisties - gekry en die hele affere hang in die geheue as sy een crazy mislukking.

In werklikheid is dit is sy enigste fliek wat heeltemal sonder fetishes, afleidings en showboating is. 'n Baie onseker, droeë "praat fliek" wat vir een maal net konsentreer om 'n kosbare vrag te dra en veilig af te lewer.

Temptation was destyds verban in SA, ek weet nie of dit nou beskikbaar is nie. Ek weet uit my eie ervaring dat meeste mense 'n verwronge idee het van hierdie heavy-going maar pragtige fliek.

Dis vir die meeste 'n reg-uit-die-Bybel hervertelling van Jesus se lewe (so droog soos stof), tot en met die kruisiging. Ons sien ondermeer die Duiwel se drie versoekings in die woestyn: spring van die krans, verander klippe in brood, laat die stede jou aanbid.

Wanneer Jesus aan die kruis hang word sy sinne oorval met 'n massa geraas en gedreun (vir ons verwysend van die pyn wat hy voel). Skielik, uit die bloute, stop dit alles. Die mense is nog daar, maar die geraas (die pyn) is weg. Christus kyk af en sien 'n klein meisie staan aan die voet van sy kruis. Sy waai vir hom en sê "Kom af!"

Wanneer Jesus weier en sê dat dit sy lot is, antwoord sy: "Nee, ek is 'n Engel wat God gestuur het om jou te kom haal. God wou jou geloof toets, net soos hy die geloof van Job en Abraham wou toets. Sal God sy enigste seun doodmaak as hy Abraham gekeer het?".

En daarmee kom Christus van die kruis af en stap saam met die meisie deur die jubelende, onbewuste skare.

By sy huis wag sy vriende en Maria Magdalena, dis sy bruilof dag. Hulle trou en Jesus hervat sy lewe as 'n skrynwerker en 'n middelmatig suksesvolle prediker en gemeenskapsleier. Later word hy pa en uiteindelik Oupa. 'n Ou en gerespekeerde man.

(Obviously is die Bybel nou lankal by die venster uit)

Dan eendag, as ou man, kry hy 'n besoek van sy ou vriend Judas Iskariot (Harvey Keitel !). Judas is woedend omdat Christus nie sy lot vorbring het nie. "Ek moes jou verraai sodat jy jou lot kon volbring".

Jesus verduidelik dat die Engel van God - die klein meisie wat van daardie dag af elke dag by hom bly - hom kom haal het, dat dit alles God se toets van sy geloof was.

"Watter Engel van God?" vra Judas.

"Daar is sy". Jesus draai om na waar sy sit - en wanneer hy mooi na haar kyk sien hy vir die eerste keer: sy is die Duiwel.

En dan, met alles wat hy het, wens Christus homself terug in tyd, terug na sy kruis, terug na sy pyn en sy lot.

En wanneer hy weer daar hang, skreeu hy: "Dit is volbring!", en sterf.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking