Maandag, Februarie 21, 2005

Sideways

Vyf en dertig jaar terug het die jong Jack Nicholson sy paraplegiese pa in 'n rolstoel die veld in gestoot en daar, met niemand wat kan sien en niemand wat kan antwoord nie, het hy sy hart vir 'n oomblik oopgemaak en begin huil.

Die fliek was "Five Easy Pieces", dit bly, soos Nicholson goed weet, sy heel merkwaardigste werk as 'n akteur. Ten spyte van hordes prestige projekte moes hy dertig jaar wag vir nog so 'n geleendheid, toe hy die kans in "About Schmidt" gekry het.

Teen hierdie tyd het 'n leeftyd se slegte gewoontes sy toneelspel verhard tot die punt waar hy maar soos die mummy oor die doek waggel - en tog het hy weer iets "vir homself" reggekry.

Dit was die storie van 'n afgetrede ou man wat geleidelik besef dat sy lewe op 'n nulpunt gaan eindig - wanneer hy in die laaste toneel 'n brief van 'n non in Tanzanië kry wat hom bedank vir sy borgskap van 'n klein seuntjie daar, en die lewensverskil wat hy gemaak het. Saam met die brief stuur sy 'n prent wat die seun vir hom geteken het.

In "Election" hop Rheese Witherspoon van pure vreugde tweebeen op en af in die skoolgang wanneer sy hoor dat sy verkies is, en huil daarna haarself in 'n koma as die uitslag anders is.

Dis haar eie hoogtepunt in haar kort loopbaan se vêr - ek vermoed dat sy ook dertig jaar kan wag voordat sy weer so 'n kans gaan kry.

En nou kom Alexander Payne se derde movie "Sideways". Die twee onbekende hoofakteurs - Paul Giamatti en Thomas Hayden Church - moes waarskynlik 30 jaar elk wag vir hulle kans. Miracles kan gebeur, selfs laat in jou lewe.

Hulle is twee buddies - 'n skoolonderwyser en ex akteur - wat op 'n wyntoer deur California reis in die week voor die een se troue.

'n Groot deel v Hollywood movies gaan oor filmstelle bou,die werklikheid omskep met alles wat in die pad is uitgehaal: die kragdrade, die kinders wat loer vd kamera, die vuilis op die straat - Aviator is 'n goeie voorbeeld.

Die lekkerste ding van Sideways is net dit: daar is geen stelle en niks is in die pad is nie.

Die twee manne ry deur die lawwe dorpies met hul kits-Europese boustyle, eet in die Wimpy, slaap in die Holiday Inn, vry na die oorgewig kelners - who cares...

Ja, daar is die movie sielkunde van "werk deur jou issues" en "face jou demone", maar baie halfhartig deurgewerk - Payne wil eerstens maar net sy gehoor laat bak in die sonskyn, sonder om enige groot punt te maak.

Lekker. Voel soos terug van 'n vakansie.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking