Maandag, Februarie 28, 2005

Napoleon Dynamite

Moenie worry as "Napoleon Dynamite" geen klokkies lui nie - dis 'n obskure movie wat tans hier en daar wys - deur MTV Movies gemaak & versprei - ek neem aan deur "jong grootmense" vir "jong grootmense".

Voor ek lostrek hierop, moet ek darem ter versagting sê dat ons woon in die jaar 2005 in 'n wereld waar alles al geproe en probeer is. Wat bly oor om te doen vir die young adults?

Napoleon Dynamite is die naam van 'n jong "slacker" op skool iewers in plaas-Amerika. Die fliek is geskiet in "the beautiful state of Idaho", volgens die eindtitels.

Die poster-blurb sê: "He's out to prove he's got nothing to prove".

Amerika se patetiese skoolnerds was al baie keer in die movies, maar nie soos hier nie. Die idee is blykbaar hier om die heelal te beperk tot die nerd se klein benoude mikroskopiese wereldjie - en dan te hoop dat ons die integriteit van sy lewe gaan sien. En hoekom nie?

Oi, maar dit is 'n inspanning om hierdie leë, geslote, bot spesies mense te volg soos hulle in hul sirkeltjies loop terwyl die regisseur probeer om ons aan die giggel te kry oor dit alles.

Ek was skoon uitgeput.

Niks fout met die spel en die musiek en die res nie. Was die hele ding maar net nie so totale waste of time nie.

Daar is darem mos 'n ander wereld daarbuite.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking