Maandag, Februarie 07, 2005

Dog Day Afternoon

Op 9 Sep 1971 het die gevangenes v die "Attica" tronk in New York ge-rebelleer en die tronk vir 'n paar dae oorgeneem, met verskye tronkbewaarders as gyselaars. Die rebelle het 'n paar dinge gevra: dat die tronkbaas vervang word, dat omstandighede verbeter word en dat hulleself uit Amerika kon vlieg (waarskynlik na Kuba).

Hul dringenste versoek was dat 'n neutrale observasiegroep die tronk moes binnekom om die omstandighede te sien en met die owerhede te onderhandel.

Wat werklik in Attica gebeur het is vandag nog - 30 jaar later - in dispuut. Op 13 Sep het die owerhede die tronk binnegestorm en 'n bloedbad begin waarin 40 mense gesterf en honderde beseer is. 10 gyselaars is dood - die storie hieroor het 'n paar keer verander - aanvanklik is gesĂȘ dat die rebelle hul keelaf gesny het, maar dit blyk uit latere getuienis moontlik dat al 10 deur die inkomende polisie doodgeskiet is. Een v die rebelleleiers het twintig jaar later 'n $12 miljoen uitbetaling gekry vir marteling deur die polisie nadat die rebellie gesmoor is.

Die gebeure in Attica het 'n vloedgolf soortgelyke opstande in tronke deur Amerika veroorsaak, en vroeg in 1972 het 'n bank-teller genaamd Sonny Wortzik, onder die invloed v Attica, besluit om 'n bank te beroof om geld bymekaar te maak vir sy lover se sex-change operasie. Hy en sy vennote het die bank binnegestorm net 'n paar minute voor sluitingstyd, en wat 5 minute moes geduur het, het uiteindelik "A Dog Day Afternoon" geword.

Sidney Lumet het die hele ding verfilm in 1975 (dit was Saterdagaand op TV) en dit bly mynsinsien sy, en Al Pacino se heel beste werk.

Een v die min movies wat spannend en snaaks en skrikwekkend is van die eerste tot die laaste oomblik, en terselfdertyd waar voel. Die akteurs - Charles Durning, John Gazale en Pacino is almal uitstekend. Hou dop daarvoor wanneer dit weer wys.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking