Sondag, Februarie 13, 2005

The Aviator

As enige iemand anders as Scorsese hierdie movie gemaak het sou ek waarskynklik gedink het - alamagtig, uitstekend.

Maar komende van hom, kan ek nie help om die paadjie v Francis Coppola 20 jaar terug te sien nie - van "Godfather" na "Peggy Sue Got Married".

Daar was 'n tyd toe Scorsese (soos sy karakters) die kampioen v eensame, onderdrukte outcasts was (Taxi Driver, Raging Bull, King of Comedy), 'n man wat oorstroom het met 'n liefde vir akteurs en intense drama en geloof in sy eie eenvoudige visie van dinge.

Maar sukses het het hom verander. Ek onthou hoe hy na sy remake v "Cape Fear" as sy eerste "regte movie" (bedoelende, popcorn-en-Coke-movie) verwys het. Ai, jai, jai - het dit maar nooit gebeur nie.

Deesdae pluk hy al die vrugde v Hollywood sukses: groot produksies, groot sterre, baie geld, smart inkleding: mooi huise en motors en meubels en klere en gesigte. (Age of Innocence, Gangs of New York).

Almal se eerste keuse.

Die logika is: Great directors maak great epics, Scorsese is DIE great director, daarom, gee vir hom ons epic. Die probleem is dat baie great directors nie geskik v epics is nie, eerder v persoonlike miniatures.

Van die drama van ouds is daar bitter min oor. Alles lyk pragtig en vloei so glad soos seep oor die doek - maar wat help dit as die emosionele energie nie meer daar is nie? Die akteur-regisseur is nou 'n producer-regisseur, 'n vakman wat bly by die draaiboek en trek aan die obvious snare. Niks word gewaag wat die konsep en die boodskap kan vertroebel nie.

Cate Blanchette kom ten minste oor op doek soos 'n skepping van die verbeelding, maar die res van die produksie, Mr DiCapprio en al, speel in 'n duuuur TV biografie.

'n Kunstenaar skep insigte en oomblikke, 'n hack verskaf bestanddele - en Aviator is 'n movie v bestanddele: die bad guy, die lig kant en die donker kant, die Freudiaanse kindertrauma, die triomf oor stommerikke, die ingesleepte love interest....

Die hartseer is dat Scorsese, na 'n leeftyd van wag, waarskynlik sy eerste Oscar gaan kry, soos die laaste spyker in sy kis.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking