The Wasps
[Aug. 2nd, 2004|10:13
pm]
PHILOCLEON. And so I
have charged my conscience with the acquittal of an accused being! What will
become of me? Sacred gods! forgive me. I did it despite myself; it is not in my
character.
Rhesus & The Suppliants
[May. 31st, 2004|10:12
pm]
Rhesus. Baie minor
stukkie oor die koms v Rhesus (mostert na die maal) in die Trojaanse kamp, net
om in sy slaap op die eerste nag vermoor te word.
The Suppliants. My
HEEL LAASTE Euripides: 'n Minor stukkie oor Theseus wat die verloorders in die
oorlog teen Thebes jammer kry en hul lyke terugwen v 'n begrafnis.
Die Phoenissia
[May. 30th, 2004|10:12
pm]
Eintlik nog 'n
"kinders v Oedipus" storie. Al wat v my nuut was was die selfmoord v
Creon se seun, om die stad te beskerm, baie nice stukkie.
Iphigenia in Tauris & Orestes
[May. 26th, 2004|10:11
pm]
Iphigenia in Tauris,
Flou. Selfde plot as Helen, Orestes ontdek sy suster (wat werk as priesteres)
in die boendoes en maak dieselfde plan om te ontsnap.
Orestes. Nog 'n
tragedie met 'n happy einde, Orestes wat hom verbeel dat hy Helen (vir een of
ander rede) vermoor het. Noemenswaardig net vir die stukkie repartee tussen hom
en Menelaus terwyl hy Hermione gevange hou. Flou bier in vergelyking met die
groot "Andromache".
Iphigenia in Aulis
[May. 19th, 2004|10:10
pm]
CLYTAEMNESTRA Dost
thou mean to slay thy child and mine?
AGAMEMNON (Starting)
Ha! these are heartless words, unwarranted suspicions!
CLYTAEMNESTRA Peace!
answer me that question first.
AGAMEMNON Put a fair
question and thou shalt have a fair answer.
CLYTAEMNESTRA I have
no other questions to put; give me no other answers.
Ek het nogal hiervan
gehou: sterk emosie uit Agamemnon en Clytaemnestra.
Ion
[May. 16th, 2004|10:09
pm]
'n Baie interessante
storie, wat seker 'n uitstekende tragedie sou uitmaak, as dit nie, op die
laaste oomblik, 'n happy einde gehad het nie.
Heracles (Euripides)
[May. 12th, 2004|10:08
pm]
Heracles (Euripides)
vermoor sy eie seuns terwyl hy deur MALHEID oorval word, en pass uiteindelik
uit. Wanneer hy wakker word, onbewus van wat hy gedoen het, sit sy pa langs hom
en fluister in sy oor
AMPHITRYON My child!
mine still, for all thy misery.
Die Homeriese liedere
[May. 10th, 2004|10:07
pm]
Die mees aangrypende
lied is aan Demeter, en beskryf die ontvoering v haar dogter Persephone en haar
liefde vir die seuntjie Demophoon. En ek hou van hierdie stukkie, uit die lied
aan Pan
They called him
Pan
because he delighted
the hearts
of all
Die Wolke
[May. 8th, 2004|10:06
pm]
Nog 'n baie effektiewe
komedie van A, met Sokrates as die bad guy. 'n Bietjie selfpromosie, A beskryf
sy dramas: geen gimmicks, slapstick, geraas of geweld:
She comes before you
trusting in her words and in her action.
Helen
[May. 5th, 2004|10:06
pm]
Snaaks dat die Grieke
nooit Helen - een van hul bekendste karakters - sentraal in enige drama geplaas
het nie. Die Iliad wys haar omtrent glad nie. Waar het Euripides aan hierdie
weird idee gekom: Helen was al die tyd in Egipte, terwyl die Troyaners oor 'n
skim geveg het. Niks veel nie, ek hou elkgeval nie van Helen of Menelaus nie.
Lysistrata
[May. 2nd, 2004|10:05
pm]
Uitstekend,
uitstekend, uitstekend. Die vroue v Athene en Sparta be-eindig hul oorlog deur
seks v hul mans te weerhou. Aristophanes is steeds besig om in my estimasie te
styg.
Hesiod, Theogony
[Apr. 29th, 2004|10:04
pm]
Die geskiedenis v d
Gode. Ongelukkig nie so juicy soos ek gehoop het nie. Baie in die styl v die
boek v Nommers in die Bybel.
Euripides se Elekra
[Apr. 28th, 2004|10:02
pm]
Die 3de en laaste
version v dieselfde storie, nogsteeds niks so indrukwekkend soos Aesh. se
eerste een nie.
Die Trachiaanse Vrouens
[Apr. 25th, 2004|10:02
pm]
Die laaste Sophocles:
Die Trachiaanse Vrouens. Heracles se dood, per ongeluk, deur sy vrou - en 'n
paar mooi touches: sy vrou wat sonder 'n woord die verhoog verlaat nadat haar
vermoede bevestig word, en selfmoord pleeg.
NURSE 'Twas the work
of her own mind and her own hand.
Cyclops & Vrede
[Apr. 25th, 2004|10:00
pm]
Cyclops: 'n Ligte
retread van die storie in die Odyssey. Niks om oor huistoe te skryf nie.
Aristophanes se Vrede.
As iemand ooit geglo het "Make love, not war", was dit hierdie ou.
Sjoe. Wat 'n propagandis v vrede! Die play is maar lig in die broek, 'n Burger
wat op die rug v 'n miskruier vlieg na die gode om Vrede ('n standbeeld met
twee seksie & gewillige meisieslawe) te gaan red en terug te bring na Griekeland,
en daarna elle lange dankoffers.
Elekra (Sophocles)
[Apr. 24th, 2004|10:00
pm]
Dit was 'n ontsettende gekraam
deur Elekra se pynlike, selfbejammerende speeches. Niks behalwe miskien haar
oomblik van erkenning v Orestes het veel van 'n indruk gemaak nie.
Mourning becomes Elekra, inderdaad.
Die Bacchae & Die Acharnians
[Apr. 18th, 2004|09:59
pm]
Die Bacchae.
Ontsettend wrede affere. Ek is ook nie so seker dat ek alles verstaan nie (of
sou kon oorvertel nie). Agave, wat haar eie seun Pentheus verskeur terwyl sy in
'n Bacchaniese beswyming is, en sy kop terugdra (dinkende daaraan as die van 'n
leeu) om vir hom te wys. En dit alles omdat hy nie 'n God wou erken nie.
Eeeish.
Die Acharnians. 'n
Great idee, maar 'n baie arbitrere, John Lennonerige play oor een man se
voorpoed nadat hy 'n "persoonlike vrede vir sy huisgesin" met die
vyand gesluit. Sonder die byt v die Knights, maar snaaks by plekke.
Ajax
[Apr. 17th, 2004|09:58
pm]
O son, mayst thou
prove happier than thy father,
In all else like him,
and thou'lt prove not base.
Yet even now might I
envy thee herein,
That of these woes
thou hast no sense at all.
For the life that is
unconscious is most sweet-
Until we learn what
joy and sorrow are.
But that once learnt,
then midst thy father's foes
Thou must show what
thou art, and of what breed.
Nog 'n goeie play v
Sophocles, die selfmoord v Ajax. Selfde tipe gehalte as Philoktetes.
Die Paddas, Die Ridders
[Apr. 15th, 2004|09:56
pm]
My eerste Griekse
komedie, Die Paddas (op Anja se aanbeveling). Nogal indrukwekkend, die
funnybones is daar, reg op die bladsy. Ek het net jammer gevoel vir arme
Euripides, wat hy in kompetisie teen Aeschylus in die hel laat meeding vir 'n
plek terug op aarde.
The Knights. (die
ridders, die knegte, die ruiters?) Skitterende, vuil, vieslike play, tjokvol
energie. 'n Direkte aanval op die heerser v Athene, Creon, wie sy job aan 'n
worsverkoper verloor. En bleddie snaaks.
Alcestis, Medea, Hippolytus
[Apr. 11th, 2004|09:55
pm]
Alcestis:
Lekker-e-rig. Heracles wat oorslaap as Admetus se gas op dieselfde dag wat sy
vrou Alcestis namens hom moet sterf.
Medea: Die groot
vlagskip vir skreeu & haat & wraak & pyn-aandoen. Medea, half-heks
half-beskermengel wat in woede die vier mense in haar ex-man se lewe vermoor.
Die uiteinde is die ergste vorm van sadisme, wanneer sy - net buite sy bereik -
vir Jason koggel met die lyke van hul twee seuns aan haar voete.
Nie so ernstig en
kragtig soos Agamemnon & die Kransdraers nie, maar 'n lekker orgie
elkgeval.
Die Kinders van
Heracles. Nie veel om te vertel nie - wanneer gaan Euripides ophou om kinders
te vermoor?
"It is the custom
of heralds to exaggerate events, yes, twofold in the telling"
"Envy no man his
prosperity until you see him in his grave, fortune can desert him in a single
day."
Hippolytus
Bullseye! Briljant,
uit-en-uit meesterstuk. Pragtige digkuns en drama, damn!
"If anything more
precious than life does exist, it's wrapped in darkness, hidden behind clouds.
We're fools in love - it's plain enough - clinging to this glitter here on
earth because we don't know any other life and haven't seen what lies below.
It's stories sweep us along, silly stories."
The Suppliant Maidens, Die Persiers
[Mar. 31st, 2004|09:53
pm]
(Aeschylus). Mooi
intro, maar die res is heeltemal staties. Die meisies wat vlug en die Koning v
Argos smeek om hul te red uit forseerde troues met hul neefs.
Die Persiƫrs is min of
meer dieselfde.
Philoktetes
[Mar. 30th, 2004|09:52
pm]
Philoktetes -
Sophocles. Die krippel boogskutter met Heracles se boog, wat eendag Paris sal
doodskiet. 'n Pragtige, roerende oomblik in tyd.
PHILOKTETES
If you have a sword,
or an axe, or a knife,
then bring it to me.
CHORUS
What will you do with
it?
PHILOKTETES
I will cut off my
head, cut off my foot,
cut myself apart with
my own hand.
My mind wants nothing
but death.
CHORUS
Why?
PHILOKTETES
I want to find my
father.
Hecuba, Die Vroue van Troje, Andromache
[Mar. 21st, 2004|09:48
pm]
Pynlik verby pyn, die
hartseer v die moord op die kinders v die Troyaners. Die Troyaanse vroue is die
volledigste, voltooidste van die drie. Eina, eina.
Andromache is een v
die spannendste goed wat ek ooit gelees het. Al daai hoop en liefde v die vrou
en haar kind, en die voortbestaan van haar ras en Hector se geskiedenis, sonder
om te weet wat gaan gebeur. Phew!
Prometheus Bound
[Feb. 27th, 2004|09:44
pm]
'n Powerful situasie:
die wereld se twee grootste verloorders ontmoet mekaar. Prom., vasgeketting aan
'n rots vir ewig, en Io, die meisie wat vir altyd in 'n bok verander is. Sonder
die kragtige taal en uitvoering v Orestia, maar dit bly 'n interrante fragment.
Seven Against Thebes
[Feb. 23rd, 2004|09:42
pm]
Nogsteeds die Grieke.
Seven against Thebes vertel dieselfde storie as Sophocles se Antigone. Meer
soos 'n fragment as 'n drama.
Orestia
[Feb. 22nd, 2004|09:41
pm]
Jy kan nie anders as
om Aeschylus te respekteer nie, al is dit maar bitter grim. Agamemnon lees vir
my soos 'n set-up vir sy groot opvolger: Choephori. 'n Meesterstuk, vir die
kragtige visie van die kransdraers en hul verskillende motiewe. "The
living wails to the dead".
Ek het nie geweet wat
om van die Eumenides te verwag nie, maar dit was 'n bitter teleurstelling na
die intensiteit van sy twee voorgangers. Dieselfde anti-klimaks as Oedipus by
Colonus - voel soos 'n laylo wat stadig afblaas terwyl jy lees.
Oedipus
[Feb. 21st, 2004|09:41
pm]
Nommer een - Alles wat
ek gehoop het. Beter as Shakespeare, met 'n storie wat deur die eeue die
verbeelding aanvuur.
Nommer twee (by
Colonus) - Nee wat, probeer my beste om dit te vergeet. (was Soph. die
luckieste skrywer v alle tye?).
Nommer drie (Antigone)
- ook nie so hot nie, alhoewel ek van die karakter hou.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking