Donderdag, November 22, 2012

10 Bob Dylan liedjies

1. Barbara Allen

Hulle sê dat die folk song "Barbara Allen" die mees verspreide en mees gesingde folk song in Engels is.

Die tradisionele situasie is 'n sterwende man wat vra dat die meisie wat hy altyd liefgehad het hom besoek.

Maar al wat sy kan uitkry is

Young man, I think you're dying.

In Dylan se weergawe sê sy ook

"Don't you remember not long ago, 
The day down in the tavern? 
You toasted all the ladies there, 
But you slighted Barb'ry Allen."

Hy antwoord

"Oh yes, oh yes, I remember well
That day down in the tavern. 
I toasted all the ladies there, 
But I gave my heart to Barb'ry Allen."

Hy sterf, en kort na hom sterf sy ook

They buried him in the old churchyard, 
They buried her beside him, 
And from his heart grew a red, red rose, 
And from her heart a briar.


They grew, they grew so awful high
Till they could grow no higher, 
An' 'twas there they tied a lover's knot, 
The red rose and the briar.


2. Isis

Dis 'n lang storie-liedjie van 'n man wat skei van sy vrou kort nadat hulle getroud is. (Sy is die Isis van die titel).

Daarna swerf hy rond en ontmoet 'n vreemdeling wat vir hom vertel van 'n buried treasure in 'n verre land. Die twee onderneem 'n reis saam opsoek na hul skat en kom uiteindelik daarby uit.

Dan gebeur twee goed - terwyl hulle grawe sterf sy vriend (when he died I hoped it wasn't contagious) en die skatkis is leeg.

En dan 'n epiphany: hy besef dat die storie van 'n buried treasure net 'n rede was vir samesyn, vir menslike kontak - ons skep illusies van hoop net om mense te oortuig om by ons te bly.

I saw my companion was just being friendly

Wat 'n understatement.

Aan die einde gaan Bob terug na sy Isis, en sy sê "You look different", en hy antwoord, "I am".


3. Who killed Davey Moore?

Enige mens wat 'n duisend songs skryf gaan uiteindelik iets oor alles hê. Dylan het heelwat songs oor verregaande moorde geskryf, veral aan die begin.

The Lonely Death of Hattie Carroll gaan oor 'n swart hotelskoonmaker in Baltimore wat in 1963 gesterf het nadat sy deur 'n dronk gas met 'n kierie aangerand is. Haar aanvaller het 6 maande tronkstraf gekry.

A Pawn In Their Game gaan oor die sluipmoord van Medgar Evars.

In dieselfde jaar, 1963, het die wereld veergewig bokskampioen - Davey Moore - gesterf in 'n geveg met die Kubaan Sugar Ramos.

Dylan het hierdie song geskryf en baie keer gesing (dis een van sy beste lewendige opnames) maar nooit op 'n album vrygestel nie. Dis het eers in 2004 op die bootleg reeks verskyn.

Die song is gebaseer op Who killed Cock Robin? - elke strofe herhaal die vraag - Who Killed Day Moore? Why, and what's the reason for it?

en dan verontwaardigde antwoorde

Not I, said the referee... (en sy verduideliking)
Not us, said the angry crowd... 
Not me, said his manager...
Not me, said the gambling man...
Not me, said the boxing writer...
Not me, said the man who's fists laid him low...

you can't blame me at all...


4. When I Paint My Masterpiece

Baie eenvoudige song, met die strekking - alles is 'n gesukkel en geswoeg,

but someday everything is going to be cool as a rhapsody 
when I paint my masterpiece

Dit was 'n Grateful Dead en The Band gunsteling, vir jare.

Daai "eendag" droom.




5. Red River Shore

'n Pragtige, stadige ballade oor 'n mystical mooi meisie in 'n verre land

Well, I sat by her side and for a while I tried
To make that girl my wife
She gave me her best advice - she said
"Go home and lead a quiet life."

Aan die einde van sy lewe keer hy terug na die red river shore, waar hulle twee gesit het

Went back to straighten it out
Everybody that I talked to that had seen us there
Said they didn't know who I was talking about?


6. Up To Me

Die album "Blood on the Tracks" het 'n ongoddelike reputasie is een van die grootste creations in die geskiedenis van musiek.

En tog - ongelooflik, soos so dikwels met Dylan - is die beste song daaruit teruggehou en nie op die album vrygestel nie.

Die song "Up to me" gaan oor emosionele braafheid - dit is 'n unieke song, ek het nog nooit sulke lirieke teegekom nie. Dit is 'n wonderlike inspirasie, waarskynlik een van my beste songs van alle tye.

Die gewone verhoudings-wroegings-en-nabetragtings, en dan die refrein

Someone's going to have to show their hand
I guess it's going to be up to me...


Somebody's got to cry some tears
I guess it must be up to me

en as 'n bonus, die liriek

In fourteen months I've only smiled once
And I didn't do it consciously...


7. Delia

Dylan het 'n paar albums gedoen wat net uit ou folk songs bestaan. In hierdie albums is hy a true believer. Hy is duidelik gebore en getooi in folk - dis is sy een ware godsdiens.

Daar is geen geen sinisme, niks van die snedige nare Dylan van sy glorie dae nie. You just kinda wasted my precious time, But don't think twice it's alright. Positively 4th streetdaai soort ding, wat rampant was in sy "first fame" dae.

In die folk songs kry Dylan dit reg om 'n intense patos te gee aan elke situasie. I'm ok, You're ok - wat jy ook al gedoen het. Mens kan feitlik enige van hierdie songs kies, hulle is almal van eenstaande, skitterende gehalte.

"Delia" is 'n man wat sy vrou vermoor het. Hy dink terug oor alles, met die refrein

all the friends I ever had are gone...


8. When He Returns

Dylan was 'n hergebore Christen aan die einde van die 70s en vroee 80s. In hierdie tyd was hy nogal hard-core en het Tolstoy-style, geweier om enige song te sing "wat nie deur God aan hom gegee is nie" - tot die woede van sy enorme groep fans.

Later was hy seker bietjie skaam hieroor, maar gelukkig het God vir hom 'n paar songs gegee wat net so goed is as enige iets anders wat hy ooit gedoen het.

"When He Returns" is 'n ortodokse Gospel song - dit gaan oor Christus se terugkeer en hoe min alles nou saakmaak.

Of every earthly plan that be known to man
He is unconcerned
He's got plans of his own to set up his throne
When he returns

Dis omtrent die enigste song in sy repertoire (wat ek nou aan kan dink) wat geen kitaar - elektries of akoesties - het nie, geen percussion, geen mondfluitjie.

Net sy passievolle stem, en 'n klavier.


9. Absolutely Sweet Marie

'n Up-tempo, nonsens riff - vir baie jare oordonder deur al die groot songs uit die vroee Dylan jare.

Led Zeppelin het nooit "Custard Pie" lewendig gespeel nie. Dylan het 30 jaar gewag voordat hy Absolutely Sweet Marie lewendig begin doen het.

Maar dis onweerstaanbaar, die beat en die humor

Now, I been in jail when all my mail showed
That a man can't give his address out to bad company
And now I stand here lookin' at your yellow railroad
...
Wond'ring where you are tonight, sweet Marie ?


10. Every Grain of Sand

Ek dagdroom baie oor die grootste song van alle tye. Die jurie sit nog, maar hierdie song is voor in die koor.

Dis ook uit Dylan se Christen dae.

Dis 'n perfekte, stadige ballade en kragtige, wonderlike lirieke.

Die mondfluitjie daarop is die beste wat Dylan ooit gedoen het, dit smelt letteklik jou hart. Dis duidelik 'n ongelooflike, ge-inspireerde song - eenmaal in 'n leeftyd - selfs vir Dylan.

 In the time of my confession, in the hour of my deepest need
 When the pool of tears beneath my feet flood every newborn seed
 There’s a dyin’ voice within me reaching out somewhere
 Toiling in the danger and in the morals of despair

 Don’t have the inclination to look back on any mistake
 Like Cain, I now behold this chain of events that I must break
 In the fury of the moment I can see the Master’s hand
 In every leaf that trembles, in every grain of sand

 Oh, the flowers of indulgence and the weeds of yesteryear
 Like criminals, they have choked the breath of conscience and good cheer
 The sun beat down upon the steps of time to light the way
 To ease the pain of idleness and the memory of decay

 I gaze into the doorway of temptation’s angry flame
 And every time I pass that way I always hear my name
 Then onward in my journey I come to understand
 That every hair is numbered like every grain of sand

 I have gone from rags to riches in the sorrow of the night
 In the violence of a summer’s dream, in the chill of a wintry light
 In the bitter dance of loneliness fading into space
 In the broken mirror of innocence on each forgotten face

 I hear the ancient footsteps like the motion of the sea
 Sometimes I turn, there’s someone there, other times it’s only me
 I am hanging in the balance of the reality of man

 Like every sparrow falling, like every grain of sand



22 Nov 2012

6 opmerkings :

  1. Antwoorde
    1. Ek wonder soms of Dylan se musiek uit daardie tyd ooit aanvaarding gekry het in die Gospel repertoire, gegewe sy "verval" daarna en die nadir van die 80s wat gevolg het.

      Vee uit
    2. I wish I had a better hold on Afrikaans so I could understand more of what you have to say. It must have been very difficult to stop at 10, when there are so many awesome tales he told.
      One of my favorite albums is Modern Times, in particular Workingman Blues where he draws such a clear picture of the man on the street, struggling to get by in todays economy, he also makes a biblical reference "no man, no woman knows the hour someone will come"
      I'm looking forward to listening to Tempest. Bravo Dylan, 71 and still putting it out there. But who would have expected less?

      Vee uit
  2. og got gert.

    you made me cry.

    (not consciously)

    dankie
    x

    AntwoordVee uit
  3. U is in u element hier Mnr Rautenbach! Wonderlike lees gewees! Ek is geen Dylankenner nie, maar ek was lank-lank terug bevriend met drie baie besonderse Dylankennerbroers wat my laat besef het ek is in 'n ander wereld as ons Dylan luister. U doen dit ook nou weer hier. Nogmaals dankie vir die Dylan trip! "There's a dyin' voice within me / reaching out somewhere," - Maggies, wonderlike woorde/idee!

    AntwoordVee uit