Dinsdag, September 20, 2016

Die Wind Sal Ons Dra

Die Iranese filmmaker Abbas Kiarostami is in Julie vanjaar oorlede. Omtrent elke huldeblyk het Jean-Luc Godard se nou beroemde voorspelling gedra:

Movies started with Griffith and ended with Kiarostami.

Ek onthou hierdie fliek van hom: The Wind Will Carry Us, van bykans twintig jaar gelede.

Dit gaan oor 'n televisiespan van Tehran wat reis na 'n klein Koerdiese dorpie in die berge om 'n begrafnisritueel te verfilm, 'n Ou tannie is op sterwe en hulle glo dat dit die laaste kans sal wees om hierdie ritueel op film vas te vang, aangesien die tradisie vinnig besig is om uit te sterf.

Daar aangekom is hulle in 'n netelige posisie: hoe om die tyd te verwyl terwyl hulle wag vir haar dood, sonder om "onsensitief" voor te kom.

Tot hul verbasing en konsternasie wil die ou tannie nie sterf nie - hoe lank moet hulle wag? Hul huur 'n klein seuntjie om vir hulle te spioeneer op haar toestand.

Hierdie situasie is verbasend ryk in refleksie en betekenis - half komies, half tragies.

Die irriterende herhalende struktuur - spioeneer, rapporteer, wik en weeg, nog 'n dag, nog 'n nag - trek die kyker letterlik in die skoene van die filmmakers - totdat jy self wens dat die ou vrou nou moet sterf.

Hulle wil haar nie ontmoet nie.

Sal haar dood "die moeite werd wees" - word die ongevraagde vraag wat oor die fliek hang. Wat is die moeite werd? Waarom is die ritueel belangrik?

Die fliek eindig met ongelooflike eenvoud deur gewoon net die lank afgewagte begrafnis van 'n afstand te wys.

Die een se dood is werklik die ander een se brood.

Die woorde "Die Wind Sal Ons Dra" kom uit 'n gedig van die Iranese vrouedigter Forough Farrokhzad. Dit word in die fliek voorgedra

In my night, so brief, alas
The wind is about to meet the leaves.
My night so brief is filled with devastating anguish
Hark! Do you hear the whisper of the shadows?
This happiness feels foreign to me.
I am accustomed to despair.
Hark! Do you hear the whisper of the shadows?
There, in the night, something is happening
The moon is red and anxious.
And, clinging to this roof
That could collapse at any moment,
The clouds, like a crowd of mourning women,
Await the birth of the rain.
One second, and then nothing.
Behind this window,
The night trembles
And the earth stops spinning.
Behind this window, a stranger
Worries about me and you.
You in your greenery,
Lay your hands – those burning memories –
On my loving hands.
And entrust your lips, replete with life's warmth,
To the touch of my loving lips
The wind will carry us!
The wind will carry us!

3 opmerkings :

  1. Hierdie opmerking is deur 'n blogadministrateur verwyder.

    AntwoordVee uit
  2. Mooi en interessante inskrywing, Mnr Rautenbach. Dankie veral vir die bekendstelling aan Forough Farrokhzad se pragtige gedig!

    Hier is my vinnige voorlopige vry vertaling - vertalings, soos die ver-taal-ing van enige iets anders, is nooit maklik nie en u is welkom om kritiek te lewer:

    Die wind sal ons dra

    In my nag, so bondig, helaas,
    is die wind oppad om die blare te ontmoet.
    My nag, so kort, is gevul met verwoestende angstigheid.
    Maar wag! Hoor jy die gefluister van die skaduwees?
    O! Hierdie geluk voel so vreemd vir my.
    Ek is gewoond aan moedeloosheid.
    Maar wag! Hoor jy die gefluister van die skaduwees?
    Dáár, in die nag, is iets aan die gebeur –
    Die maan is rooi en ongeduldig.
    En die wolke, klouend aan die dak
    wat enige oomblik kan ingee,
    wag soos 'n skare rouende vroue
    vir die geboorte van die reën.
    Een sekonde, en dan niks.
    Agter die venster,
    bewe die nag
    en die aarde stol in haar tol.
    Agter hierdie venster bekommer 'n vreemdeling
    homself oor my en jou.
    Jy in nou groenigheid,
    lê jou hande – daardie brandende herinneringe –
    op my hande wat so hou van liefhê.
    En vertrou jou lippe – oorvol van die lewe se warmte –
    om my lippe aan te raak.
    Die wind sal ons dra!
    Die wind sal ons dra!

    AntwoordVee uit