Woensdag, Desember 30, 2015

The Sheltering Sky

... we get to think of life as an inexhaustible well. Yet everything happens a certain number of times, and a very small number, really. 

How many more times will you remember a certain afternoon of your childhood, some afternoon that's so deeply a part of your being that you can't even conceive of your life without it? Perhaps four or five times more. Perhaps not even. How many more times will you watch the full moon rise? Perhaps twenty. And yet it all seems limitless.


**

Dit is die laaste woorde van The Sheltering Sky.

Bernardo Bertolucci maak flieks soos wat Ibsen dramas skryf. Twee ure om te wys dat alles 'n gejaag na wind is, en niks oor niks gesê kan word nie. En dan 'n einde wat altyd iets beteken, en alles op sy kop draai.


Ek onthou, in die fliek 1900, Gerard Depardieu se fanatiese verdediging van sy ryk vriend (Robert de Niro) voor die kommunistiese mob wat hom wil hang - met oor-en-oor herhaling van die woorde "The Padrone is Dead!".  Die man lewe maar sy euwel is verby, julle hoef hom nie dood te maak nie.


En dan, nadat die skare verdaag, sê Robert de Niro droogweg: "The Padrone is Alive." 


Ek onthou die spinnekop in The Last Emperor wat na 'n honderd jaar uit sy boksie gelaat word en wonderbaarlik, soos godsdiens onverstaanbaar maar onvernietigbaar is, doodgewoon uithardloop asof dit gister was.


Ek onthou Marlon Brando in Last Tango in Paris, wat uiteindelik geskiet word en die kougom uit sy mond haal en onder die stoep prieël vasdruk voordat hy sterf. 


Kougom, 'n simbool van meganiese plesier, iets wat eens lekker was maar dan net 'n breinlose herhaling word, 'n herroeping na die lekker wat was.


In die Sheltering Sky speel Debra Winger 'n Amerikaanse vrou wat in Algerië beide haar man en haar skelmpie kwytraak en uit nood die houvrou van 'n Maliese Moslem word, met burka en al. Is sy 'n slagoffer? 

Die belangrike oomblik is haar terugkeer na "beskawing", na die Westerse mans wat ongeduldig vir haar wag met dieselfde besitlike, manipulerende arms. 

Altyd iets interessants.

1 opmerking :

  1. Dankie vir nog 'n jaar van "altyd iets interessants" meneer Rautenbach. Het u al die film "Whatever works" gesien? Dit nou onlangs gesien en dit laat my dink aan hierdie "altyd iets interessants" van die mens, oftewel ons kan nie weet wat kom nie...

    AntwoordVee uit