Donderdag, Junie 18, 2015

The Master and Margarita

Ek lees dat daar al meer as 500 verskillende teater produksies van The Master and Margarita was, en weergawes in baie ander media - ballet, opera, rock, comics, TV en flieks.

Elke jaar stroom hulle in, aangepas vir elke plek en tyd - van Ierland tot Italiƫ tot Amerika.

Die oorspronklike boek speel af in Moscow in vroeƫ twintigste eeu.

Die idee is dat Satan elke jaar 'n ander groot stad in die wereld besoek - met sy freaky entourage wat die reuse pratende swart kat Behemoth insluit - om 'n Duiwelsbal op die nag van Goeie Vrydag te hou.

Vir hierdie bal benodig die Duiwel (vir redes wat onverstaanbaar bly) altyd 'n meisie met die naamvariasie Margarita... Margaretha... Margaret wat as die gasvrou moet dien.

Dis die een helfde van die storie.

Die tweede helfde (wat parallel met die eerste storie verloop) is die storie van Christus (Yeshua) en Pontius Pilatus - min of meer dieselfde as in die Bybel, maar met die Romeinse Viceroy as die hoofkarakter. Dit gaan aan met Pilatus se verhaal na die dood van Christus.

Die Duiwel en sy groep verskyn in Moscow as 'n Duitse professor in "black magic" - Woland - wat 'n groot magic show vir die stad gaan hou.

Die Margarita van die storie is die meisie wat vir die Moscow Duiwelsbal gekies word - sy transformeer in 'n heks om die Duiwel vir een nag te dien - vir haar eie geheime rede.

Sy is verlief op 'n skrywer wat mal geword en in 'n gestig opgeneem is. Hierdie malman word deur die hele boek net "Master" genoem.

Margarita se geheime hoop is dat die Duiwel haar geliefde - en die groot manuskrip wat hy verbrand het - kan red.

Hierdie verlore manuskrip, leer ons later, is 'n boek oor.... Pontius Pilatus.

Die hele ding is ontsaglik visueel en dis een van die enigste boeke wat ek al gelees het wat alles aanpak - van die kru-ste komedie tot die ernstigste bepynsing oor menslikheid en sonde en skuld.

Uiteindelik word dit 'n storie wat eras en werelde verbind - skeppers en skeppings, sondaars en hulle sonde - wanneer die Master aan die einde na Pontius Pilatus stap.

G'n wonder dit word so konstant her-interpreteer en herleef nie.

2 opmerkings :

  1. In my lewe nog nie van hierdie werk gehoor nie - sien uit om dit onder oge te kry. Dit klink deeglik Dionysies, so ek dink ek gaan dit baie geniet.

    Viv Groskop (The Guardian) se verwysing na "The controversial and much-analysed conclusion to the novel is about the Master and Margarita being granted “peace” but not “light” wek my aptyt nog meer - Wikipedia stel dat hulle dit gegun is"for not having lost their faith in humanity".

    Wikipedia vertel ook dat Satan Margarita eers een wens en toe 'n tweede gegee het: In die eerste
    "Margarita selflessly chooses to liberate a woman whom she met at the ball from the woman's eternal punishment: the woman was raped and had later suffocated her newborn by stuffing a handkerchief in its mouth. Her punishment was to wake up every morning and find the same handkerchief lying on her nightstand." Vir die tweede wens wat Satan haar gee, "citing that the first wish was unrelated to Margarita's own desire", "she chooses to liberate the Master and live in poverty-stricken love with him."

    Dankie vir die leidraad Mnr Rautenbach. (Die myl hoge stapel boeke op my kop word ook nie laer nie - as mense my vra wat jaag my so (ek het die gewoonte om vinnig te beweeg) dan verwys ek hulle na hierdie stapel boeke op my kop wat nog gelees moet word; soms lyk dit of hulle my dan beter verstaan, soms nie - !)

    AntwoordVee uit
  2. "Narrative changes everything. It founds religions: "This man follows me everywhere with nothing but his goatskin parchments and writes incessantly' (Bulgakov, The Master and Margarita 31)." - Gaston, in The Impossible Mourning of Jacques Derrida (2006), p.79.

    AntwoordVee uit