Toe ek 'n kind was was daar 'n horror
fliek met die lyn "It knows what
scares you most..."
It is Ingmar Bergman.
Soos 'n wafferse B-movie horror regisseur het Bergman 'n loopbaan gemaak deur sy gehoor se neuse in hul grootste vrese te vryf:
Die vrees vir 'n eensame dood, sonder liefde en
ondersteuning (The
Silence, Cries and Whispers)
Die vrees vir 'n eensame lewe, sonder liefde en
ondersteuning (Scenes
from a Marriage)
Die onvermoee om te kommunikeer wanneer
alles daarvan afhang (Wild
Strawberries, Persona)
In sy beste era in die 50s, 60s en 70s
is sy flieks heeltemal los van die gewone verhoudingskakbytery wat so 'n
stapel van drama en televisie geword het.
Bergman het 'n groot vis gehad om te
braai - eers sy vrees oor "God se Stilte" en die onmoontlike
implikasies van lewe sonder Hom.
Daarna, na Winter Light, die besluit om-op-te-hou-worry-en-jou-nagmerries-te-omhels.
Een van die flieks se naam is Through a Glass Darkly, uit die
Bybel.
For now we see through a glass, darkly;
but then face to face: now I know in
part;
but then shall I know even as also I am
known.
Iewers, deur 'n donker glas, het
Bergman gesoek vir ons redding.
Sy flieks was kort en kragtig - selde meer as 90 min - met dieselfde akteurs oor en oor en feitlik geen belangstelling in beeldskepping, inkleding, stelle of landskap nie.
Al wat saak gemaak het was die mense.
Sy flieks was kort en kragtig - selde meer as 90 min - met dieselfde akteurs oor en oor en feitlik geen belangstelling in beeldskepping, inkleding, stelle of landskap nie.
Al wat saak gemaak het was die mense.
Smiles of a Summer Night (1955)
Bergman se groot deurbraak was 'n
eenvoudige sekskomedie so slick soos enige iets uit Hollywood .
Die fliek eindig met die ironiese
liefdesverklaring Until
yawns do we part
In retrospek het hy waarskynlik geweet
hy kan
hierdie soort fliek in sy slaap en vir altyd maak - en besluit om 'n radikale
skuif na dooderns te maak.
The Seventh Seal (1957)
Erns is in jouself, in alleenheid, in
eensaamheid.
Dit was my eerste gedagte nadat ek
hierna gekyk het.
Die storie gaan op die oog af oor 'n
ridder wat probeer om "God uit die donkerte te lok, sy gesig te
sien en met hom te praat" terwyl hy elke dag 'n skuif op die
skaakbord teen DOOD moet doen.
Maar ek dink die soeke om in God te glo
is op een of ander manier dieselfde ding (of 'n metafoor vir) die drang om in
jou eie waarde te glo, jou eie vrese te erken, en genoeg eer daaraan te gee
voordat jy sterf.
Die twee sekwense wat ek sal onthou is
Die twee sekwense wat ek sal onthou is
- Die nar wat sterf-speel in die woud en wanneer sy gehoor verdwyn die werklike dood in die oë kyk en dan ewe onskuldig vra "is daar nie uitsonderings vir akteurs nie?"
- Die sekwens waneer die held, Blok, in die heks se oë kyk om die duiwel te sien "wat hom na God kan lei". Wanneer hy sê "ek sien niks", vra sy "staan hy agter jou?"
Wild Strawberries (1957)
Die ou wat die hoofrol hier speel is Victor Sjostrom - self 'n groot reggiseur uit die silent era. Hy het die Lillian Gish fliek The Wind gemaak.
Wild Strawberries is een van Bergman se beste flieks, en
bevat van die beste tonele in die hele canon van film.
Dit is 'n ou professor wat sy seun se
vervreemde vrou terugneem na hom.
Op 'n manier word hy verstrengel in
hulle bakleiery en sy neem hom kwalik vir sy seun se gedrag.
Die einde, wanneer al drie saam is en
hy probeer om met sy seun te praat - is een van grootste oomblikke in enige
film.
The Magician (1958)
Lekker storie.
'n Towenaar en sy entourage vind 'n
sterwende man in 'n woud en gebruik sy lyk in die volgende dorp tydens 'n show
voor 'n groep kenners wat hom probeer ontmasker.
Dit het 'n Bresson tipe einde - waar
die bad-guys eindig deur 'n goeie daad doen wat die hele storie op sy kop
draai.
The Virgin Spring (1960)
Op sy dag wat hierdie fliek berug,
omdat dit een van die mees eksplisiete verkragtingstonele tot hede gehad het.
Die drie verkragters vind later
skuiling in haar ouers se huis (sonder om te besef waar hulle is) en probeer om
haar rok aan haar ma te verkoop.
Die geskokte ma kyk na die rok van haar
dooie dogter en sê uiteindelik
I must ask my husband what a fitting
price would be for such a valuable garment.
Jy kan jouself die wraak wat volg voorstel.
Hierdie fliek - terloops - is die basis
van die Last house on the Left horror reeks.
Winter Light (1962)
In sy vorige fliek (Through a Glass,
Darkly) het Bergman geeindig met die idee dat God Liefde is.
In hierdie fliek vind hy 'n pragtige
metafoor daarvoor.
Die dorp se dominee het 'n krises van
geloof - sy onvermoee om een van sy gemeentelede te troos met God se bestaan
lei direk tot die man se selfmoord.
Maar in die dorp is 'n weduwee
smoorverlief op die dominee en weier om op te gee op hom, al verwerp hy haar.
In die laaste toneel van hierdie fliek
moet die dominee besluit om die aandpreek te lewer, al het nie 'n enkele mens
daarvoor opgedaag nie. (Behalwe jy-weet-wie, en soos die koster sê - sy tel
nie.)
Maar dit is haar teenwoordigheid in die
kerk op daardie oomblik, haar liefde vir hom, haar weiering om op te hou glo in
hom, wat die diens laat gebeur..
The Silence (1963)
Ek dink dit was in hierdie fliek waar
Bergman besef het dat hy groot kuns kan maak deur 'n groot onderwerp in die
gesig te kyk (die eensaamheid van dood).
'n Vrou en haar seuntjie gaan besoek
haar sterwende suster - dis basies al.
Vir 'n uur lank rond en bond - maar dan
skielik die bitter bitter einde: om te sterf, alleen, sonder simpatie en
liefde.
Dit het my laat dink aan die Dood van
Ivan Illych.
Persona (1966)
Briljante fliek met 'n horde
interpretasies.
'n Bekende aktrise het 'n
senuweeineenstorting en word in 'n privaat woning deur 'n verpleegster opgepas.
Sy praat glad nie, maar is bereid om na
die verpleegster se stories te luister. En haar stories raak al hoe meer
persoonlik en die twee vrouens beweeg nader aan mekaar en dan skielik weg van
mekaar.
Dit verander stadig van drama na
horror. Een hele toneel in die klimaks word herhaal: die eerste keer met die
kamera op die een vrou se gesig en daarna op die ander.
Wat skitterend deurkom hier is die
intense drang om deur te dring tot iemand - al moet jy
seermaak of seerkry daarvoor.
Hour of the Wolf (1968)
Hierdie was 'n eksperiment van soorte
in horror vir Bergman. 'n Kunstenaar en sy vrou gaan woon op 'n eiland langs 'n
kasteel vol dodgy karakters.
Dit werk nie heeltemal nie.
Die mees uitstaande sekwens is 'n
toneel waar die kunstenaar agtervolg word deur 'n seuntjie (of so glo hy) -
hulle speel kat en muis met mekaar totdat hy skielik die kind vang, vermoor en
verdrink.
Dit het my baie laat dink aan die
latere horror fliek Don't Look Now.
Cries and Whispers (1972)
Die eerste skok is om hierdie groep
akrises vir die eerste keer in kleur te sien. Dit voel so weird - en kleur in
oormaat - die hele ding is geskiet in bloedstollende rooi.
As 'n konsep is dit baie soortgelyk aan
"The Silence", weereens 'n suster wat sterf met hierdie keer twee
koue susters wat hulpeloos rondstaan.
Instede van 'n seuntjie is daar 'n
diensmeisie wat alles waarneem en die fliek 'n pragtige voltooiing gee wanneer
sy in die laaste toneel uit die oorlede suster se dagboek lees.
Dis 'n meer manipulerende fliek as
Silence en laat 'n mens besef dat dood die anker is wat onsinnige bakleiery
tragies maak.
Scenes from a Marriage (1973)
Scenes from a Marriage was Bergman se
eerste televisiereeks (van baie). Hulle sê dat die Sweedse egskeidingsyfer in
1973 verdubbel het nadat dit vertoon is. Ek kan glo dat dieselfde vandag so
gebeur, as dit weer sou wys.
Tot en met hierdie oomblik het Bergman
grootliks moddergooiery en derms uitryg vermy. Hier gebeur dit uiteindelik (hoe
kan dit
anders) na 'n lang opbou, in een intense uitbarsting wat jou hare laat rys.
Baie effektief gedoen, maar jy kan
aanvoel dat Bergman besef dat dit-alleen opsig self geen groot prestasie is
nie.
Hy probeer by 'n groter waarheid
uitkom: Julle ontmoet, gaan uit, het seks, trek in, trou, kry kinders,
skuif na die woonbuurt, baklei, cheat, skei en jy sien die kinders oor
naweke.
Dis 'n patroon so oud soos die berge.
Maar dit alles saam is 'n groter
huwelik: 'n dieper
verbintenis tussen twee mense wat sewe sakke sout saam geeet het.
Behalwe vir die eerste toneel is die
hele ding net dieselfde twee mense vir vyf ure lank.
Daar is 'n paar skitterende tonele -
een waarin Liv Ullmann haar skoolfoto uithaal maar haarself nie daarop kan vind
nie - sy kan nie onthou wie sy was nie.
Autumn Sonata (1978)
Die twee beroemde Bergmans (Ingmar en
Ingrid) saam in hulle enigste fliek. Bergman en Liv Ullmann is ma en dogter en
hulle het dit uit met mekaar in een enorme lang toneel.
Maar dit is al.
Autumn Sonata is die soort derm
uitrygery wat Bergman vir jare vermy het: dis te maklik en te
min.
Verder laat dit 'n onaangename smaak in
die mond - 'n paraplegiese, epileptiese suster word in die storie ingesleep om
Ingrid Bergman se karakter te beskaam, maar Mnr Bergman het duidelik net so min
werklike belangstelling in haar as sy leading lady.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking