Woensdag, Desember 19, 2012

20 Afrikaanse liedjies

1. Hartebeesfontein - Koos Kombuis

Heel voor in die Groot Verseboek (die nuutste Andre Brink weergawe wat breyten "Afrikaans se blou baksteen" noem) is daar 'n ongedateerde, anonieme gedig met die naam "Hartebeesfontein" - van toeka se tyd, skynbaar nog voor daar enige werklike Afrikaanse gedigte was.

Dis 'n lang klug van 'n dans-gone-wrong op Hartebeesfontein wat begin met die woorde

Was jy al ooit op 'n sheepskin dans 
daar by ou Stefaans?

Want ek sal jou 'n grap vertel 
van 'n verbroude apespel 

Op Hartebeesfontein

Is dit 'n hoax?

Ek weet nie, maar Koos Kombuis het 'n rip-roaring disco song daarvan gemaak - mag die Here hom seën.

2. Songvanger - Valiant Swart

Songvanger is blykbaar geskryf na aanleiding van die selfmoord van 'n jong student - vir sy ouers.

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar's 'n kamer in die huis waar ons die son kan hang

Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar's 'n plekkie in die tuin waar die son kan speel...

Wonderlik

3. Die taal van my hart - Amanda Strydom

Hierdie song begin in ek-weet-nie-wat-nie (Vlaams? Nederlands?) en slaan dan oor na Afrikaans. Maar dis okay - want dit gaan oor die taal van my hart, nie die taal van my mond nie.

Dank Vader vir hierdie taal van Amanda Strydom: die woordeskat van wroeg en menslikheid, die moed en eerlikheid waarmee sy 'n groot reeks onderwerpe aanraak in Afrikaans - somtyds werk dit nie, somtyds werk dit, maar sy probeer altyd.

Btw - Die song Stadig oor die klippers is my gunsteling politieke song in Afrikaans (as mens dit politiek kan noem) -

stadig met die vangtou, stadig met die haat, stadig met die byl,
iemand het gesê: van lekker lag kom lekker huil

4. Reën - Radio Kalahari Orkes

Son kom op en die son sak weer, 
Dag na dag en die son brand neer

Alles bak dood in hierdie helse oond
Vir 'n dier se leiding raak ek nooit gewoond...

O Here, gee ons reën...

Hoendervleis.

5. Asseblief my lief en Wolke - Robbie Wessels

Ek hou van Robbie Wessels se stem. Ek hou ook van sy lang reeks songs oor pa's en seuns, of visserman vriend se pa's en seuns - grootword en wys word, wolke en lang gras.

Soos sy songs het Robbie Wessels ook gegroei van seun na man - en ek sien uit om te sien wat gaan volg.

Hierdie twee songs is die twee teenoorgesteldes. Asseblief my lief is die jong, piss-take Robbie Wessels - 'n baie lekker nonsens song. Wolke is die man.

6. Daar is geen - Johannes Kerkorrel

Johannes Kerkorrel was die groot game changer in Afrikaanse musiek, maak nie saak wat mense sê nie. Dat ons vandag met trots kan terugkyk en sê dat Afrikaanse musiek nie totaal compos mentis tydens die rewousie was nie is net aan hom te danke - niemand anders nie.

Ek onthou hoedat ek destyds in 'n koshuis in UCT ingestap het en hoe trots ek was om Kerkorrel uit die kamers hoor kom het - in hierdie heiligdom van Engels.

En toe het die rewolusie gekom en voordat enige iemand kon smaal dat Kerkorrrel sy roeping verloor het het hy self hierdie song geskryf, oor die nuwe wereld - sonder petrol (kos dieselfde as wyn), sonder klere (ons almal staan naak), sonder skandes (net totale sensuur), geen analise (ons het Sigmund gekeer), sonder rigting (ons het radarbeheer)

daar is nie meer digters nie, die het almal verdwyn
daar is geen papier nie, daarom breek ek my pen...

7. Stille waters - Laurika Rauch

Laurika Rauch het toegang tot 'n resevoir van songs soos niemand anders nie, en sy kan sing dat jou hare rys. Wanneer sy stadig sing het sy 'n vermoë om alle pretensie te verwyder en gevoel in eenvoudige woorde te sit - wie sal ooit die liefde kan verstaan? jy was vir 'n rukkie lief vir my - ek was vir 'n rukkie ook 'n bietjie lief vir jou.

8. Boer in beton - Koos Kombuis

Koos Kombuis het die slegte gewoonte (saam met 'n hele paar ander Afrikaanse sangers) om sy songs comic make-overs te gee - dis selde snaaks, net 'n pynlike, desperate verstrikking in sy eie grappies.

Hy het Boer in Beton amper venietig met sy alewige gekarring daaraan, maar die oorspronklike bestaan gelukkig nog (luister na Anton Goosen se akapella aan die einde van die Boemelaar se Droom album)

9. Habana - Bok van Blerk

As ek een rugby song insluit sal dit hierdie een wees.

10. Waarom ek na jou roep vanaand - Gert Vlok Nel


Gert Vlok Nel is die wonderlike bewys dat kuns nie elders is nie - die oggendstappie van die huis na die skool op Beaufort-Wes bevat al die tower en inspirasie van die aarde, al die materiaal wat nodig is vir musiek.

Hierdie is die langste song in Afrikaans (waarvan ek bewus is) - sy huldeblyk aan Koos du Plessis.

Gert bo die grond roep na Koos onder die grond: Kom in Koos, Kom in…


11. Pelgrimsgebed - Amanda Strydom

Hierdie een blaas my weg, dis so great (en wie het gesê 'n konsertina is passé?)

Dis 'n begrafnis song. Our little life is rounded with a sleep, het Shakespeare gesê.

Alle pelgrims keer weer huistoe, 
elke swerwer kom weer tuis...

12. Die Sprokie - Lika Berning

Hierdie is Steve Hofmeyr se song - uit die kinder-CD Laaities en Ladies - maar die weergawe waarop ek verlief is is die een wat Lika Berning sing aan die einde van die fliek "Liefling" - sy is so gorgeous en dis so 'n perfekte oomblik om 'n gordyn mee te laat sak

jy vertel my van 'n land en sy legendes...
sonder helde, sonder hemele, het jy my met 'n prins se hart kom red

13. Voshaarnooi - Louis van Rensburg

Hierdie is die ou oorlogsperd waarop elke nuwe sanger sy tande slyp, maar dit bly fantasties.

14. Ou Ryperd - Dozi

Ek moet erken dat ek een van 'n menigde Afrikaners is wat hierdie song op permanente repeat gehad het, vir  jare.

15. Onder jou asem - Riku Latti

Jy is my... swak punt

:)

16. Ouman donker - Madeleine Barnard

Madeleine sal nog haar oomblik in die son kry. Intussen, hier is 'n pragtige song en stem - die donker wat onafwendbaar kom en getuie is van eensaamheid.

17. Droomland - Chris Chameleon

Soos enige stoere boer is manne-Divas en koer-koer liedjies nie eintlik deel van my psige nie. Maar Chris Chameleon: ek weet nie wat sy trick is nie, maar ek geniet iets wat ek gewoonlik min oorhare voor het - en dis moeilik om vir hierdie ou hond nog nuwe tricks te leer.

Iemand wat my horissone verbreed.

18. 'n Sonneblom uit Bethlehem - Lize Beekman

Damn, so eenvoudig:

ek bring vir jou 'n sonneblom uit Bethlehem, 
ek geen dit water op Bloemfontein 
kappertjiesaad uit Darling straat 
en hanepoot druiwe uit die Paarlvallei...

19. Boesmanland - Worsie Visser

Ek wil nie te veel tradisionele Afrikaanse songs insluit nie - dit voel soos cheating. Maar hierdie een is so 'n groot gunsteling - ou songs het 'n surrealisme wat deur die jare hulle eie realiteit word.

Bokkie vat jou sloop
dat ons Bitterfontein toe loop
met my vaal ou hout kitaar 
ek breek mos nie 'n snaar

20. Hoe ek voel - Johannes Kerkorrel

Vir my, die magnus opus van Afrikaanse rock - so intens en kragtig, met daai brandende diep elektriese kitaar.

As ek jou net kon vertel
as ek jou net kon laat sien
sou ek 'n skilder opdrag gee
om 'n prent vir jou te maak
en as hy eindelik klaarmaak
as hy sy meesterstuk voltooi
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel
oor jou

1 opmerking :