Sondag, September 02, 2012

The Island of Dr Moreau


Toe hy 'n jong man was het HG Wells 'n visionere storie geskryf: The Island of Doctor Moreau.

Dis op een vlak 'n kinder-avontuur storie, geskryf in die laat 19de eeu, maar soos met die beste science fiction was dit ook 'n kyk van buite na die essensie van menswees op aarde - en gee my nog koue rillings 125 jaar later.

Dis 'n eenvoudige storie van 'n skipbreukeling wat op 'n eiland uitspoel.

Daar ontdek hy 'n wild reservaat van soorte, met die horribale, wrede Dr Moreau wat daaroor regeer en heeltyd aanvul met nuwe eksotiese spesies wat hy van buite invoer.

Die diere op die eiland kan praat en het onnatuurlike, menslike intelligensie, maar andersens is-en-lyk-hulle soos dood gewone diere.

[In al die movie en stage weergawes van die storie is hulle mense met Planet-of-the-Apes-agtige maskers, of mutasies tussen mense en diere. Dit is glad nie wat Wells ingedagte gehad het nie. Hulle is diere]

Dr Moreau, die prototipe mal wetenskaplike, het 'n spesiale serum ontwikkel wat die brein kapasiteit van diere ontwikkel tot dieselfde vlak as mense. Maar, daarmee saam voer hy 'n brutale program om "menswees" aan die diere te leer.

In een van die beroemde tonele van die storie skreeu Moreau, met sy pistool en sweep, op rituele wyse aan die diere

"What is the Law!"

waarop die diere, in een stem, antwoord

"Not to go on all fours, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to suck up Drink, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to eat Flesh or Fish, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to claw the Bark of Trees, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to chase other Men, that is the Law. Are we not Men?"

Om regop te staan en hulself te weerhou van hul normale liggaamlike instink is natuurlik 'n resep vir disaster en konflik, en daarin lê die raaisel van die storie - waarom is hierdie Law so belangrik vir Dr Moreau? Is dit hierdie dinge wat bepaal dat jy Mens is? En wat is die minimum "sosiale aanpassing:" wat nodig is om 'n groep spesies in vrede te laat saamleef, sonder dat hulle mekaar verorber?

Maar uiteindelik kry die diere hulle wraak en vermoor Moreau - maar wat nou? Is hulle vry, en vry van wat?

Met geen meer wonder serum nie, begin die diere terug te keer na hul natuurlike staat as wilde diere, en moet die laaste mens op die eiland 'n ontsnapping beplan voordat hulle wilde natuur kom verskeur.

Die groot oomblik van hierdie storie, vir my, is heel aan die einde, met die verteller terug in die beskawing.

Then I look about me at my fellow men, and I go in fear. I see faces keen and bright, others dull or dangerous, others unsteady, insincere; none that have the calm authority of a reasonable soul. I feel as though the animal is surging up through them; that presently the degradation of the Islanders will be played over again on a larger scale.

En dit is die groot visie: die aardbol aan die einde van die 19de eeu was 'n eiland sonder Dr Moreau. Nietzsche het sopas gesê "God is Dood". Die ou moraliteit was iets onnatuurlik en onnodig, en niemand wat dit verder sou forseer nie.

En wat nou? Wat lê voor?

1 opmerking :

  1. Ek neem aan jy het op Chessa se website gesien hoe SA gevaar het met die Olympiad? Redelik opgekom in posisie - ek het kommentaar by my inskrywing geplaas van chessa se website ook.

    AntwoordVee uit