Sondag, April 08, 2012

Babbel en Rooiland

Ek het Rooiland en Babbel Dinsdagaand, direk na mekaar op Oudtshoorn by die KKNK gesien.

Rooiland was eerste. Toe dit klaar was het ek gedink - brrrrrr, laat ons hier uitkom, soos weg van die toneel van 'n moord of 'n groot ongeluk.

Toe ons opstaan na Babbel, het ek net een gedagte gehad: totale snert.

Ek het oor die loop van die volgende dae gedink oor die twee vertonings, en wat my ervaring so verskillend gemaak het.

Rooiland is 'n tronk storie - vier akteurs wat hulle ding doen op 'n vierkantige blok net mooi groot genoeg om hulle in toe te sluit - die denkbeeldige sel waarin hulle gehou word.

Daar was 'n klein monitor op die grond voor die sel wat 'n TV stel in die hoek van die kamer kon wees, met klanklose beelde. Waar ek gesit het kon ek kwalik sien wat daarop aangaan. 

Die groot sukses van Rooiland is in die dringendheid van hierdie vier akteurs. Jy kan voel hoedat elkeen onmiddelik aan die werk spring om 'n karakter te vestig en sy kollegas 'n hand gee om hulle eie karakter grense te trek. 

Dit word gedoen met 'n sense of purpose, want nou nou kom die klimaks en teen daai tyd moet die gehoor verstaan wat op die spel is. Halfpad deur Rooiland is die karakters op 'n rol en situasies waardeur hulle gaan begin seer maak, omdat jy omgee vir hulle.

Babbel, daarenteen, speel af in die buitelug, teen die hele horison wat toorn bo-oor Oudshoorn. Ons het dit gesien met sonsondergang - daar is duidelik groot werk gemaak aan die gevoel van Godeskemering.

'n Groot stuk grond is omgeskoffel en die akteurs het vryheid om te verskyn en verdwyn oor 'n area veel groter as selfs die grootste binneshuise verhoog.

Anders as Rooiland is die hele produksie hoogs gestileer, asof vir 'n comic book. Rooliand het geen kostuums nie, maar Babbel lyk soos Halloween:  - sexy nurse, soldate, bloedrooi robes met 'n Moslem/Jood ontwerp wat sy aan sy pas soos 'n jigsaw puzzle.

Maar niks gebeur tussen die akteurs nie - die dialoog is meestal een karakter wat 'n ander stilmaak met "shut up, wat weet jy elkgeval?".

Waaroor het Babbel gegaan? Iets van 'n oorlog, 'n dooie diktator wie se kop nog praat, "tonge", wat soos Diana Ross arms na die hemel gooi en babbel deur hul trane. Twee broers wat dooie kamerade se name probeer onthou. 'n Dr. Strangelove-agtige verlamde kolonel.

Snert.

Daar is halfhartige pot-shots wat 'n moral highground probeer skep uit ek weet nie wat nie: die horrors van oorlog en korrupsie en sensuur (Julian Assange se sluipmoord word aangekondig), als pynlik oud.

Ek weet nie hoeveel keer Rooiland al opgevoer is nie, maar wanneer die klimaks kom - die verkragting van een karakter deur die ander - dan is dit for real, my broer. Daai twee veg en spartel en skreeu asof dit blou moord is. En hulle verkrag totdat hulle verkrag het.

In Babbel - met al die gerol in die stof - die akteurs raak nooit eers aan mekaar nie!. Babbel is horror sonder dat dit seermaak. Dit het geen klimaks nie, net 'n oomblik wanneer die hele cast in een slag hulle derms uitryg, omval en uitpass.

Kort na die begin van Babbel lig iemand 'n emmer op en onder dit is daar 'n lewende kop in die grond. Dis net hierdie een arme sot met wie se lot ek kon vereenselwig.

Ek het tot die einde gehoop dat iets gaan gebeur, maar stadig maar seker word dit duidelik dat al die ander karakters in Babbel afkop hoenders is: almal skarrel rond sonder rede, praat vir die gehoor eerder as met mekaar, almal moet iets uitkry voor die groot omval.

'n Kop en sewe af-koppe.

2 opmerkings :

  1. Gert, dibk jy dit was die goeie teks waarmee Rooiland geseen is en / of hoeveel skuld / verantwoordelikheid sal jy aan die akteurs en of regie gee?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek sal nie weer na Rooiland gaan kyk nie; en as ek my vinger moes druk op iets om te kies uit die Feesprogram sou dit die laaste ding wees. Maar, ek moet erken, ek was beindruk: dit was kuns uit die garage in die beste sin van die word. Die eenvoud van die opset, die doelgerigdheid, die commitment en die gevoel van saamskep . Die teks is natuurlik nie vir almal nie – die materiaal is onsmaaklik en sensasioneel – die storieboog is niks spesiaals nie, maar werk vinnig om hoop en hopeloosheid te skep, saam in dieselfde klein sel. Ek het gehou van die regie en die akteurs se toewyding was beyond the pale. (By the way – ek weet nie wie die krediet verdien nie, ken nie een van die akteurs, skrywers or regisseur se name nie!).

      Vee uit