Dit wil voorkom asof hy die stories verbatum van Boesmanvertellers neergeskryf het. Die inhoud en styl daarvan is heeltemal anders as enige iets anders in Afrikaans:
"En toe hy kom, hoor hy die meide in die strooihuise skree: "Hot-'tgorra! Hot-'tgorra!" En die mans is so bang dat hul toonnaels kletter en die sweet drup van hul lyf in haelkorrels. Elkeen kan die vuur met een asem doodblaas."
"Dwaalstories" was 'n baie spesiale gebeurtenis vir Afrikaans. Die reputasie daarvan het gegroei omdat niemand ooit weer so iets kon "skryf" nie, ten spyte van baie pogings. Vandag staan dit alleen as die enigste rekord van 'n kunsvorm wat vir altyd verby is: die Boesmanvertellings in Afrikaans.
Die taal en die verbeelding van die Dwaalstories is ongeewenaar deur enige later skrywer.
Maar selfs meer skokkend, die laaste storie bevat "Die Dans van die Reën" - een van die HEEL BESTE gedigte in Afrikaans:
O, die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies,
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy,
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof is groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies;
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
Dwaalstories - ek dink hierdie teks sou met groot vrug vanuit die perspektief van Derrida se oeuvre gelees kon word. Daar sou gesê kon word dat wat Derrida doen is om te wys hoe die filosoof/sisteembouer/skrywer homself in die posisie van Klein-Riet-Alleen-in-die-Roerkuil bevind:
AntwoordVee uit"[...] en toe hy hom weer kry, lê hy hoog op die sandwal waar hy vandaan gekom het; maar hy weet dit nie."
Die filosoof/sisteembouer/skrywer spartel dan om homself te bevry:
"En hy spring weer weg en begint weer op sy voorkop slaan, en hy onthou weer Heitsi-eibib se boodskap, en hy skiet die nag in. En voor hom siet hy die groot vuur, en hy stuit tussen hulle net met die kom van die rooidag, en hy begint sy boodskap opsê. Maar eer hy halfpad was, gryp hulle hom, en toe gewaar hy dat hy weer terug is in Gammadoekies, en dis sy einste oupa wat hom aan die linkerbeen beet het."
Vergelyk "The Filial Inscription: Theuth, Hermes, Thoth, Naby, Nebo" in "Plato's Pharmacy" in Dissemination.
"En Heitsi-eibib sê vir ou Klipdas-Eenoog: ‘Ons moet hom stywer span as die snaar van die groot ramkie!’
En daar het hulle die vuurtjie doodgemaak van Riet-alleen-in-die-Roerkuil."
Vergelyk The Gift of Death and Literature in Secret. Die vader wat sy seun offer - Isak (in die Ou Testament - God verskaf 'n ram, of offer die offer op, en belowe homself om nooit weer so iets te doen nie, belowe aan Abraham dat sy saad vermenigvuldig sal word soos die sterre in die hemel), Jesus (in die Nuwe Testement - waar Jesus opgestaan het uit die dood en weer sal kom) ...
Hoekom word die vader se seun geoffer? Want daar is Nagali, of wat (logiesgesproke moet) gebeur in Derrideaanse terme (vergelyk ook versamelingsteorie, oftewel (onvaspenbare) Die Stel van stelle wat deelneem maar nie behoort aan die stelle waarvan dit Die Stel is nie):
"Die laaste woord van sy Ou Ta was: ‘Pas op vir Nagali: sy sal jou op baie maniere voorlê; sy het sterk toorgoed. As jy verkeerd maak, word jou lyf so styf gespan as die snaar van die groot ramkie!’"
"O, die dans van ons Suster!"
Dankie dat u ons herinner het aan hierdie wonderwerk in die Afrikaanse letterkunde meneer Rautenbach.