Maandag, Januarie 03, 2005

Die Ondergang van die Tweede Wereld

Gepraat v science fiction, probeer bietjie hierdie storie deur ons eie Eugene Marais - so weird (en grusaam) soos hulle kom, maar 'n briljante konsep wat jou hare laat rys.

Die idee is dat lewe op aarde al 'n paar keer in tyd vernietig is - a la die dinosaurisse. Marais beskryf die "derde keer", in die vorm van 'n dagboek wat iewers in die toekoms in Suid-Afrika ontdek word.

Ons held is die enigste geletterde man in 'n klein dorpie iewers in die Bosveld, wat een maal 'n week die koerant per pos ontvang en vir die gemeenskap lees.

Een dag begin daar stories verskyn van die skielike, onverklaarbare daling v watervlakke in groot riviere reg deur die wereld. Terwyl almal slaap staan die verteller een nag op en verdwyn soos 'n spook die berg in, waar hy wegkruip by 'n watergrot wat net hy en die diere ken. Vandaar hou hy dop hoedat sy dorp se water opraak in die dae wat volg en al die mense uiteindelik verdwyn.

Wanneer dit baie maande later reen besluit hy uiteindelik om weer mense te gaan soek, net om te ontdek - stukkie vir stukkie - dat die hele mensdom intussen aan dors gesterf het.

Marais se verduideliking is dat 'n skeur in die aarde se kors - op die seebodem - 'n groot hoeveelheid oksidasie tussen die H2O en metaal uit die dieper mantel veroorsaak, waarna reuse dele v die oseane "verdwyn" en waterstof vrygestel word - 'n idee so tantalizing soos enige iets wat ek nog teegekom het.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking