Ek het uiteindelik
klaargemaak met 'n boek wat ek as eerstejaar op Stb, gekoop het. Destyds
was dit na aanleiding v Berlioz se opera, hierdie keer was dit om die storie v
Troye verder te lees, na al die hartseer v die Iliad.
Dit was 'n prosa
vertaling, soos die Iliad en Odyssey. Ek het hier en daar ook 'n versvertaling
gelees v Gutenberg.com. Uit die versdele was my gevoel dadelik dat Virgil 'n
werklike voorganger van Shakespeare was: hier is dieselfde kuns van
welsprekendheid, kort frases vol insig, met 'n volgehoue ritmiese musikale
gevoel.
Hoe sou dit wees om
Shakespeare as Afrikaanse prosa te lees? So iets, seker. As verhaal is daar 'n
pragtige hervertelling van die val v Troye en die tragedie v koningin Dido. Die
tweede helfde is oorlog, oorwinning en voorspoed, en nie so compelling soos die
eerste deel nie. Dis uit en uit 'n ripoff v die Iliad, maar nou-ja, dis hoekom
ek dit gelees het.
Die tragedie in die
Aeneid (die dood v Turnus en Dido) is nie naastenby so sterk soos in die Iliad
nie - die hartseer hier is vir die groter saak: die totstandkoming v die
Romeinse ryk.
My mooiste oomblik:
Creusa, Aeneas se vrou, wat moed op gooi en ophou hardloop tydens die vlug uit
Troye.
Troje, Troje, Troje.
Die hartseer van 'n lang stryd en 'n kosbare verlies.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking